MEV. FILINE VERLOOP: "EK IS BAIE DANKBAAR VIR DIE VERTROUE WAT ONS KIESERS ONS GEGEE HET"
Geagte leser. By die verkiesings vir die munisipaliteite wat op 14, 15 en 16 Maart in Nederland gehou is, het Forum vir Demokrasie, die party wat opgerig is deur mnr. Thierry Baudet in
nagenoeg alle stede een of twee setels gewen. Net in Den Bosch, Groningen, Nijmegen, Urk en Utrecht kom hulle nie in die raad. Die teenstanders van hierdie party het nog geprobeer om 'n stok in die speek te steek deur tydens die reeds genoemde datums Forum se kantoor in Amsterdam met verf te beklad en op hierdie wyse dalk potensiële kiesers te oortuig om nie vir hulle te stem nie. Ook het hulle dmv. geskreeu en geroep geprotesteer teen die 'fassiste' en 'rassiste', dog ook dit het nie gebaat nie. Ons het nav. van die puik resultaat, 'n baie interessante onderhoud gehad met die Alphen aan den Rijn se lystrekker mevrou Filine Verloop wat sal toetree tot die gemeenteraad van hierdie Suid Hollandse stad deurdat 1709 burgers vir haar gekies het.
Die ramptoestand in Suid Afrika is veelkantig in sy oorsprong, in sy oorsaak en in sy betekenis.
Laat ons egter net eers weer kyk na die aanvaarde definisie van wat ‘n ramptoestand in verstaanbare Afrikaans is. In die Afrikaanse verklarende woordeboek word ‘n ramp beskryf as ‘n onheil en groot ongeluk.
Indien die woord “toestand” bygevoeg word, beskryf dit die ramp as ‘n staat,’n wyse van bestaan, ‘n gesteldheid, ‘n kondisie, ‘n verwarde verskriklike of onaangename omstandighede.
Dit is van meet af aan riskant om die bestuur en beheer van jou organisasie uit jou hande te laat gaan. Wanneer jy nie meer self beheer en kontrole uitoefen oor jou bedryf, wat dit nou ookal mag wees, besigheid, boerdery, vervaardiging, bemarking, enige bedryf waarvan jy afhanklik is vir voortbestaan, is jy noodwendig uitgelewer aan die vaardigheid al dan nie, van hy,sy of hulle wat jou vervang het.
Genésis 2:4-25: “Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas. Toe het die Here God 'n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” (:18, 21-24).
Terwyl die internasionale geldmag deur middel van sy geheime magte uiterste pogings aanwend om met sy oëverblindery in die Oekraїne, Rusland en Amerika te betrek in ‘n derde wêreldoorlog teneinde hulle finansieël, militêr en fisies te verswak in voorbereiding vir die oorname deur die nuwe wêreld orde, duur die oorlog wat de Klerk in 1994 in Suid Afrika aan die gang gesit het, onverpoosd voort!
Gesondheid in die rondheid!

VLAAMS BELANG SE FAKSIEVOORSITTER MNR. CHRIS JANSSENS:" NA MY SIENING PLUK OPEN VLD NOU DIE WRANGE VRUGTE VAN DIE FEIT DAT HULLE MOSLEMS OPGENEEM HET BINNE HUL PARTY".
Ons het nav. die sg. El Kaouakibi sepie, 'n interessante onderhoud gehad met

mnr. Chris Janssens, wat sedert Junie 2014 in die Vlaamse parlement setel as faksievoorsitter en ondervoorsitter van die Vlaams Belang. Meneer is in 1977 gebore in die Limburgse stad Genk en daar ook grootgeword. Vanaf 2007 was hy gemeenteraadslid van sy stad en in 2009 is hy toegetree tot die Vlaamse parlement. Ons sal hom oa. vrae stel hoekom die liberale VLD toe hulle besluit het hul naam te verander in Open VLD, die deur oopgemaak het vir moslems en wat die bedoeling was om hul toe te laat in hul geledere.