FAKSIEVOORSITTER MNR. JOHAN DECKMYN: "LINKS HET SEKER GEDINK DAT DIE EIENAARS VAN KOSSTALLETJIES NA HULLE PYPE GAAN DANS?
Geagte leser. Ons het 'n baie insiggewende vraaggesprek gehad met die faksievoorsitter van
Vlaams Belang afdeling Gent. Hierdie stad is die hoofstad van die provinsie Oos-Vlaanderen. Die aanleiding hiervoor is die berig dat kosstalletjies hierdie jaar gedwing word om tenminste vir die helf veganiese kos te verkoop. Die besluit is onlangs geneem deur Bram van Braeckevelt,die wethouder van die politieke party Groen wat eis dat dit sal gebeur tydens die Gentse feeste.
Rom. 3:21-31
“want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.” (:23&24).
Geliefdes, ons lees in Génesis 1 dat God die mens na Sy Beeld geskape het. “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape;...” (Gén. 1:27). En in Ps. 8:6 stel Dawid dit as volg – “U het hom weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.” Ons lees dan ook hiervan in 1 Kor. 11:7:”Want ‘n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is;...”. En hier, in die tuin van Eden, kon die mens, geskape na die beeld en heerlikheid van God, ook in die heerlike teenwoordigheid van God se nabyheid leef.
Die AVP herhaal hierdie oordenking van Hannes Ollewagen, aangesien die behoefte om saam te bid, elke dag dringender word en ons graag klem daarop wil lê.
Luk. 18:1-8 “EN Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,” (:1).
Dit is interessant hoedat die skrywer, Lukas, begin deur aan ons die rede agter hierdie gelykenis van Christus te verduidelik. Dit is dus belangrik dat ons weet waarom Christus hierdie gelykenis vertel het. Ons moet verstaan dat dit vir die HERE belangrik is dat ons bid. Ja, dit is nie net belangrik om te bid nie, maar dat ons dit op gereelde grondslag moet doen – dat ons gedurig moet bid sonder om moedeloos te word.
Indien u ‘n sweempie van geregtigheid in u samestelling het, moet u noodwendig saamstem dat die nuwe SA ‘n mislukking is. Ongesofistikeerde stemvee neem die land op horings. Die feit is, as jy ‘n dwaas verkies as jou verteenwoordiger, is jy self ‘n dwaas. Volgens die huidige grondwet is die witman in ‘n ondergeskikte posisie geplaas waar dwase jou toekoms ruїneer, agv. ‘n oorweldige meerderheid by die stembus.
Op ’n vraag oor die voorgestelde PetroSA- en Rosgeo-transaksie het Mantashe aan die Sunday Times gesê: “Ek het geen allergieë vir die Russe nie. As hulle wil belê in ’n projek wat ons dink waarde sal toevoeg, laat hulle belê … Daar is niks verdag by die Russe nie, hulle het geld en hulle wil sake hê.”
Deur Susan Comrie vir amaBhungane 27 Maart 2022 6
Gazprombank, wat deur Rusland se staatsbeheerde gasverskaffer besit word, bevestig hy oorweeg 'n bod vir wat moontlik 'n multimiljardrand-kontrak is - wat, indien toegeken, vrae sou laat ontstaan of Suid-Afrika se standpunt oor Oekraïne beïnvloed word deur sy dors na gas.
Te midde van 'n oorlog in die Oekraïne en stygende gaspryse, wil Suid-Afrika dringend toegang tot groot hoeveelhede aardgas verseker.
Pentagon laat val waarheidsbomme om oorlog met Rusland af te weer
Deur Joe Lauria Global Research, 25 Maart 2022
Konsortiumnuus 23 Maart 2022
Twee uitgelekte stories van die Pentagon het die leuens van hoofstroommedia ontbloot oor hoe Rusland die oorlog in Oekraïne voer in 'n poging om propaganda teen te werk wat bedoel is om NAVO in die konflik te kry, skryf Joe Lauria.
Lukas 4:1-13
“EN Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei, waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is;…”(:1&2).
Geliefdes, ons lees in 1 Kor. 15:45 van die eerste Adam en die laaste Adam wat teenoor mekaar gestel word. “So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.” En dit laat ons dan ook dink aan die versoeking van Adam & Eva in die tuin van Eden wanneer ons vandag van die versoeking van Jesus lees.