Wanneer ek in hierdie bespreking na politiek verwys, verwys ek na die gedragslyn en handelswyse van ons regering. Nie die huidige onwettige regime nie, maar spesifiek na ons Afrikaner regering sedert 1948 tot en met 1994.
Onthou die geskiedenis
Met ‘n terugblik in ons geskiedenis, was dit nog nooit vir my moeilik om te begryp dat daar vir die Afrikanervolk op staatkundige gebied, nog altyd slegs twee weë oop was. Die regte weg en die slegte weg. Die gevolg daarvan was dat daar nog altyd meningsverskil was oor watter weg reg was en watter weg sleg was. Die verdeeldheid binne die Afrikanervolk wat die gevolg was van hierdie twee weë, is feitlik sinoniem met die Afrikaner se vryheidstryd en reis met ons saam sedert volkswording.
Wat kies ons?
DIE AFRIKANER VOLKSPARTY HET DIE PAS AFGELOPE NAWEEK DEELGENEEM AAN DIE MAJUBAFEES WAT OP DIE MAJUBABERG GEHOU IS.
Die fees word jaarliks deur die Majuba Boerevolk Trust aangebied by die Majubaberg net buite Volksrust. Die doel van die fees is om die Slag van Majuba wat op 27 Februarie 1881 daar plaas gevind het te herdenk.
1 Kor. 16:5-24
“Laat alles by julle in liefde geskied.” (:14).
Die gebod van die liefde. Die gebod waarop die hele wet van God gebou is. Die liefde tot God ten eerste en ten tweede die liefde tot ons naaste is die gebooie waaraan die hele wet van God hang. “ Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Matt. 22:40).
Die opdrag om liefde teenoor God en ons naaste te bewys kan in die Woord van God nie oorbeklemtoon word nie. Dink maar hoe gereeld die Here Jesus Christus hierdie gebod by mense ingeskerp het. Die kort tydjie wat Christus se marteldood voorafgegaan het, het Hy menigmaal gebruik om hierdie gebod van liefde by Sy dissipels in te skerp. “Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.” (Joh. 15:12). “Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.” (Joh. 15:17).
Die Here Jesus Christus stel dit dat liefde vir ons naaste ‘n kenmerk van Sy volgelinge is. “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
LIJST PIM FORTUYN SE FAKSIEVOORSITTER MNR. RUDY REKER: "BURGEMEESTER JORRITSMA HET DIE BRIEF OOR HIERDIE MOSKEE STILLETJIES INGETREK SONDER DAT ONS DIT GEWEET HET"
Geagte leser. Ons het die genoeë gehad om weer 'n vraaggesprek te hê met die Eindhovense
faksievoorsitter van die Lys Pim Fortuyn, mnr. Rudy Reker. Ons het dit gedoen omdat die sepie oor die Al-Fourqaan 'gebedshuis' maar deur en deur gaan. Nou blyk dat die burgemeester van hierdie Brabantse stad 'n baie belangrike brief van sy voorganger burgemeester van Gijzel nie gedeel het nie maar juis ingetrek. Die faksie van die LPF bevraagteken hierdie handelswyse en wil weet hoekom die burgemeester dit gedoen het.
Het Suid Afrika nou ‘n pot lensiesop geword?
DAN KRIEK: THE 1913 LAND ACT, APARTHEID WAS DEVASTATING, NOW IS THE TIME FOR COMPASSION (Beklemtonings van die AVP)
07:00 23/02/2020 Dan Kriek
If the agricultural sector ever bought into the polarising push-back by conservative Afrikaner organisations, the land debate and any possible productive, solution-driven conversations will become redundant, writes Dan Kriek.
During a week of heated discourse about apartheid denialism, sparked by the EFF’s lambasting of FW de Klerk during the State of the Nation Address (SONA), my mind went back to my first meeting with President Cyril Ramaphosa in August 2018.
Die gevoelloosheid van ‘n Hensopper/Joiner, Jingo en landsverraaier teenoor diegene wat deur hulle optrede benadeel word, is vir die ware Afrikaner welbekend. Ook die skynheiligheid van kastige welwillendheid teenoor die vyand van jou volk, gedryf deur vrees en gebrek aan die moed vir selfbetuiging.
Die ongeregtige benadeling van die Afrikanervolk deur verraad wat Suid-Afrika tot rommelstatus reduseer het met al die negatiewe resultate wat daarmee saamhang, sal nie by hierdie “vooraanstaande Afrikaanse Suid-Afrikaners” verbygaan, tenspyte van openbare en veragtelike kruiperigheid nie. Hulle het nog niks geleer uit die legio voorbeelde oor eeue, uit Afrika nie.
Die AVP plaas hierdie verklaring soos wat dit in die Beeldkoerant verskyn het terwille van kennisname van die Afrikaners wat daardeur benadeel word. Vir perspektief sal die AVP ook 'n verklaring daaroor uitreik.
‘Jammer vir julle lyding oor apartheid’ – ontsteld dat party ‘dit wil ontken’
Apartheid is 'n misdaad teen die mensdom en moreel onverdedigbaar.
So het 'n groep vooraanstaande Afrikaanse Suid-Afrikaners "wat deur apartheid bevoordeel is", gister in 'n gesamentlike verklaring gesê.
Hulle het ook hul ontsteltenis uitgespreek oor die "onsensitiewe en deursigtige" pogings onlangs om te ontken dat dit 'n misdaad teen die mensdom is.