Met erkenning aan Gelofteland waar hierdie oproep verskyn het:
DIE GELOFTE VAN JAN VAN RIEBEECK
6 APRIL 1654
As gevolg van ons as Volk se versuim om ons geloftes te betaal word die werke van ons hande verwoes. Die afgelope jare van sogenaamde demokrasie het tot gevolg dat ons fisies en geestelik aangeval en gedood word. Derduisende Blankes is al gruwelik vermoor; ons handewerk verkrummel voor ons oë - ons paaie verval tot sinkgate; ons riviere is omskep in rioolslote; ondergrondse water word vergiftig deur onbeheerde mynbou-aktiwiteite; ons word kinderloos as gevolg van volksvreemde onderwys; ons kerke keer die een na die ander die rug op Skrifgefundeerde apartheid ten gunste van veelgodery; ons dorpe en stede is oorgeneem deur onbevoegde amptenare wat dit in bankrotskappe gedompel het, bedrog word tot op die hoogste vlak van regeringsinstansies aangetref en oopgevlek en selfs oor die hoof gesien.
Verklaar Jan van Riebeeck:
Waar dit vandag die tweede verjaardag is van die dag waarop ons deur die Here gelei met die skepeDrommedaris, die Reyger en die Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van onse here en meesters (Here XVII) te bou en te bestendig, en opgelet het dat God die Here alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6e April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word
DOEN U DIT? MOET ONS NIE IN DIE LIG VAN DIE HUIDIGE OMWENTELINGE BEGIN LUISTER NA DIE WOORD VAN GOD EN ONS GELOFTES HOU NIE?
PERSVERKLARING
Na die afsterwe van Genl. Constand Viljoen op Vrydag 3 April 2020 is hy vanuit verskeie oorde en telkens met verskillende perspektiewe gloeiend geloof en prys. Met die afsterwe van enige persoon volg daar altyd hartseer en ‘n gemis. Die Afrikaner Volksparty wil daarom ook aan sy familie ons opregte simpatie betuig.
Hierdie verklaring is nie ‘n aanval op die persoon van genl. Viljoen as mens nie maar is daarop gerig om sy politieke verlede en nalatenskap nugter in perspektief te stel. As ‘n mens jou in die openbare lewe begewe stel jy jou bloot daaraan dat jou optrede en woorde die onderwerp van kritiese ontleding kan word. Dit is veral so as jou openbare optrede op die terrein van die politiek was en dit die toekoms van jou volk ingrypend geraak het. Dit was so in die verlede en is ook so in die huidige. Daarvan is daar verskeie voorbeelde uit die geskiedenis van die Afrikanervolk – genl. Jan Smuts en Louis Botha is maar enkele voorbeelde hiervan.
VLAAMS BELANG SE VOORSITTER MNR. TOM VAN GRIEKEN: "ONS HET 'N OPE BRIEF AAN DIE EERSTE MINISTER GESTUUR OM TEEN HIERDIE UITSLUITING TE PROTESTEER".
Geagte leser. In ons eerdere vraaggesprek wat ons met die voorsitter van Vlaams Belang in
Oktober 2019 gehad het, het dit geblyk dat hulle 'n baie groot oorwinning behaal het. Ons sou dus kan veronderstel dat die party uitgenooi sou word om deel te neem aan die nuwe regering. Nogtans word hul geignoreer en bestaan die nuwe regering vir die merendeel uit politieke partye wat baie verloor het. Om teen hierdie gang van sake te protesteer het mnr. van Grieken 'n ope brief geskryf aan die Eerste minister mev. Wilmés.
Jer. 10:1-16
“So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.” (:2).
Ek en u as Afrikaner kinders is deel van ‘n baie unieke volk aan die Suidpunt van Afrika. Ons is deel van ‘n volk in wie se geskiedenis ‘n verhouding met God Drie-Enig duidelik sigbaar is. ‘n Volk in wie se geskiedenis die roemryke dade, barmhartigheid en almag van God sigbaar is. Ons is ‘n volk wie se voorsate nie alles reg gedoen het nie, want hulle was ook maar mense. Ons is deel van ‘n volk met individue waarvoor ‘n mens jou behoort te skaam weens hul skandelike optredes en menigmaal veragting en verloëning van die Here. Maar in dieselfde volk was daar mense wie se lewens getuig het van ‘n diepe liefde, ware kennis en nederige ootmoed teenoor God. Diegene wat deur hul Godvresende lewens die barmhartigheid, getrouheid en goedertierenheid van God vir hul nageslagte verwerf het. “Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.” (Deut. 7:9).
Oor die ontstaan van die virusword daar baie uitsprake gemaak. Amerika sê dit is China en China sê dit is Amerika. Indien die virus mensgemaak is, is daar ook ‘n wye meningsverskil oor die oogmerk daarmee.
Dat daar met getalle, die omvang en effek van die virus op bedenklike wyse omgegaan word, is daar geen twyfel as dit gemeet word aan voorheen vergelykbare “epidemies” nie. Die mate van huisarres waarin ons in Suid Afrika onderwerp word, word gebruik om die “effektiewe” beheermaatreëls van die regime te regverdig met verwysing na die aantal gevalle en sterftes waarmee ons gesus word. Dit dien dan ook sommer om die brutale optrede van polisie en weermag te verantwoord.
In hierdie swart leier van swartes se toespraak van 30Maart 2020 is ‘n uitspraak wat meer om die lyf het as wat daarin gelees word. Hy sê: ““We are now entering a new phase in the fight against the COVID-19 pandemic. Around 10 000 field workers will be visiting homes in villages, towns and cities to screen residents for COVID-19 symptoms,” President Cyril Ramaphosa said.”
In dieselfde asem sê hy , South Africans urged to stay home: President Ramaphosa reiterated his call to South African to stay at home for the next 17 days.
Waarom die risiko om tienduisend “veldwerkers” landwyd in digbewoonde gebiede, huise te laat besoek met die moontlikheid van verdere verspreiding van die “virus?”