1 Johannes 2:3-17
“Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook te wandel soos Hy gewandel het.” (:6). Dit is mos nou ‘n onmoontlike opdrag wat God vir ons hier in Sy Woord gee? Hoe kan enige een van ons soos Christus leef? Ek bedoel, Hy is immers God en daarom het Hy vlekkeloos en sondeloos hier op aarde geleef. Dit is tog nie vir enige van ons moontlik om dit te doen nie.
U kan soos Nehemia wat deur gebed instaat was om die stadsmuur weer op te bou, ‘n bydrae maak waar u u ookal bevind. As u hier lees sal u ook die voorwaardes wat Nehemia in ag geneem het waarneem sodat u dit in aanmerking kan neem wanneer u in u binnekamer vir ons volk by ons Hemelse Vader met groot sukses soos Nehemia intree.
DIE geskiedenis van Nehemía, die seun van Hagálja. En in die maand Kislew van die twintigste jaar toe ek in die vesting Susan was,
Jy kan nie albei wees nie, tensy jy ‘n gesplete persoonlikheid het. Jou identireit bepaal dit so. Swart is nie wit nie en wit is nie swart nie. Dit is tragies as mense nie weet wie of wat hulle is nie. Om voor te gee dit wat jy nie is nie, is skelm en onwaardig.
Die slenter om eweskielik ‘n Afrikaan te wil wees, is bloot ‘n sieklike politieke poging tot kamoeflering. Jy word bloot ‘n dwaalgees.
Anti intellektualisme is ‘n blywende draad wat sy weg deur ons politieke en kulturele lewe baan, gevoed deur die valse opvatting dat demokrasie beteken dat my onkunde net so goed is as jou kennis. Isaac Asimov
Dit is sekerlik die beste vertolking van die verskil tussen die liberale en sekulêre sienings en dié van behoudende nasionalistiese benaderings in die bestuur en beheer van staatsinstellings. De Klerk se onderhoude vadag in Februarie 2020 na aanleiding van sy herdenking van die katastrofale 1990 optrede, is tekenend hiervan.
Rommel word beskryf as nuttelose voorwerpe wat boonop deurmekaar rondlê terwyl status beskryf word as ‘n hoedanigheid waaraan bepaalde regsgevolge verbonde is. Met Moody’s wat die Lanbank nou na rommestatus afgradeer het, saamgelees met die vry algemene siening dat Suid Afrika reeds lankal na rommelstatus verval het, is dit nie moeilik om in jou geestesoog die nuttelose entiteite wat voorheen ge-ordende en goedfunksionerende strukture was waarmee landsregering vlot verloop het, se hoedanigheid waar te neem as wanbestuurde instrumente waarvan die bestuurders daarvan gevolglik strafbaar behoort te wees.
Die onsinnige vreesaanjagende bloedbadscenarios wat de Klerk en sy samesweerders die Afrikanervolk voorgehou het indien ons in 1994 nie wou magdeel nie, is steeds hierdie grootste landsverraaier wat die Afrikanervolk ooit opgelewer het, se retoriek! Dit sou soos in Sirië gewees het sê hy in Sondag se Rapportkoerant van 2 Februarie 2020.
Vanweë sy inklinasie tot immoraliteit het hy waarskynlik vergeet dat die Afrikanervolk se geloof in ons hemelse Vader, die enigste Skepper van hemel en aarde setel. ‘n Vader wat ons gehoor het toe ons by Bloedrivier, Majuba en Magersfontein geroep het en Hy geregtigheid laat seëvier het toe Hy ons telkens uitgered het!
1 Konings 3:1-28
“Toe verskyn die HERE in Gíbeon in ’n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.” (:5).
“Gee dus aan u kneg ’n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer? En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.” (:9&10).
Dit klink darem so lekker. Hoe gelukkige man was Salomo nie – hy het ‘n geleentheid gekry om enigiets van God te vra en God het aan hom belowe dat Hy sy wens sou vervul. Ek wonder wat ek en u sal vra indien ons hierdie geleentheid sou kry? Tog kry ons dieselfde geleentheid, maar nie alleen een maal in ons lewe nie. Ons kry die geleentheid om gereeld in gebed tot God se troon te nader en die wense van ons hart voor Hom te lê.