Matt. 11:25-30 “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (:29&30).
Geliefdes, daar word op verskeie plekke in die Woord van die HERE na ‘n juk verwys. Die ouer mense onder ons sal natuurlik baie beter bekend wees met die doel en die werking van hierdie voorwerp as die jonger geslag. Wanneer osse onder ‘n juk gebring word, is dit vir hulle nie moontlik om vanself daar uit te kom nie. En hulle word ook onder die juk gebring wanneer hulle harde werk moet verrig en swaar vragte moet trek. Daarom is die gebruik van ‘n juk as voorbeeld van diensbaarheid in die Woord van die HERE natuurlik baie gepas
MNR. DENNIS OOSTERVELD: "OOK IN MY ONTWERPMAATSKAPPY EN BERADINGSPRAKTYK WIL EK LAAT DEURKLINK EN UITDRA DAT JESUS VIR MY BAIE BELANGRIK IS IN MY LEWE"
Geagte leser. Ons het 'n baie insiggewende onderhoud gehad met mnr. Dennis Oosterveld wat as grafiese ontwerper in die Suid Hollandse stad Brielle in 2011 'n besigheid begin het. Sy motto is
'net iets anders' waarmee hy wil wys op welke werkwyse en hoe hy sy klante wil bedien. Hy het ons vertel dat hy op Sondae nie werk nie omdat hy die kerkgang op hierdie dag bo sy werksaamhede stel. Dit is vir hom ook 'n absolute prioriteit om goeie kontakte te onderhou met lede van sy kerk, die Kerk van die Nazarener in die stad Vlaardingen, wat mos sy broeders en susters is.
Soos wat daar deesdae met al die afkortings kortpad gevat word, wil dit voorkom of hierdie drie bo-vermelde organisasies die kortpad is na totale wêreldoorheersing! Dit was egter Langenhoven wat die insig gehad het om te voorspel dat as die kortpad die regte pad was, die grootpad daarlangs sou geloop het!
Die vraag wat dringend gevra moet word is, waar kry hierdie organisasies hulle mandaat, of beter gestel, hulle reg om besluite te neem, uitsprake te maak en optrede te laat implimenteer wat jou en my lewens en wêreldbeskouing ingrypend moet verander?
Was u daar? En indien u daar was, onthou u nog en het u dit aan u kinders oorgedra? Klop hulle harte ook soos u s'n op daardie heugelike dag?
Die AVP ONTHOU EN GEDENK DIE STRYD VAN ONS VOORGESLAGTE WAT UITEINDELIK DIE OORWINNING OOR ENGELSE OORHEERSING FINAAL IN 1961 BEHAAL HET!
WEES SAAM MET ONS BLY EN BEREI VOOR VIR SO 'N SAAMKOMS WANNEER ONS WEER VRY IS!
Dit is hierdie toedrag van sake waaroor Afrikanerleiers vroeg en laat gewaarsku het! Nie net gewaarsku het nie, selfs gepleit het dat de Klerk gestuit moet word om nie hulle voorneme om van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling af te wyk, uit te voer nie. Die enigste Afrikanerleier, mnr. Jaap Marais van die Herstigte Nasionale Party wat vir 4 ure in ‘n byeenkoms, waar àl die regse groepe wat destyds saak gemaak het byeen was, gepleit het dat de Klerk gestuit moet word deur ‘n verkiesing af te dwing, kon nie ‘n enkele ondersteuning vir sy standpunt in daardie byeenkoms verkry nie!
Deur prof. Anthony J. Hall Global Research, 26 Mei 2022
Ons leef te midde van hope sigbare en onsigbare wrakstukke, baie daarvan giftig, terwyl ons voortgaan met ons reis na die derde jaar van die vervaardigde COVID-krisis. Alhoewel dit nie op die maniere wat deur ons goewerneurs se sentraalbeheerde mediamonopolieë beklemtoon word nie, het die gesoute stryd teen die oorverhitte koronavirus ernstige trauma gebring aan die fisiese, geestelike en ekonomiese toestand van 'n groot deel van die mensdom.