Met ‘n onwettige regering in beheer van ‘n land is aanspreeklikheid ‘n luukse! Strafreg word vervang met die een kommissie van ondersoek na die ander en diegene onder verdenking op betaalde verlof vir die aantal jare wat die ondersoek duur!
Hoe natuurlik is dit om in feitlik elke dag se nuusblaaie opskrifte te sien soos: “Police brigadier nabbed with seven others over almost R1m in dodgy contracts” In dieselfde berig lees jy dan: “Another damning matter concerns former acting national police commissioner Khomotso Phahlane and his co-accused who have been slapped with charges emanating from the R191-million “blue light” tender to supply emergency equipment to the SAPS in 2017.”
Nasiebou is nog een van die towerwoorde waarmee die Afrikanerhaters smous. Ironies genoeg het die ANC bekendheid verwerf as brekers instede van bouers. Sedert die ANC bewind het polarisasie tussen volke in die nuwe SA drasties toegeneem. Selfs binne party verband is faksie gevegte aan die orde van die dag. Meer akkuraat kan die ANC beskryf word as twee georganiseerde misdaad groepe. Hul fokus is diefstal instede van landsbestuur, soos dit aan die lig gekom het met die Zondu ondersoek.
As die Britte Afrikaans begin aanwend om paspoortbedrog aan bande te lê, is daar ‘n geleidelike gewaarwording by hulle van die intelligensie van die Afrikanervolk se vermoë om beleid en beginsel aan te wend wat blankes in Afrika instaat gestel het om orde te handhaaf, identiteit te bewaar en in die algemeen vreedsame naasbestaan te verseker.
Indien dit egter ‘n poging is om Afrikaans en die Afrikaner verder te benadeel, is die poging vanuit die staanspoor gedoem tot mislukking. Hier is dit die Britte wat geregverdig benadeel gaan word wat ooglopend nie deur die aanwending van hulle eie taal, wat hulle help afdwing het in ons skole en universiteite, nie die hoë voorkoms van bedrog met paspoorte kan identifiseer nie, aangesien veral die bedrieërs almal Engels magtig is.
Vlieg dus in Afrikaans!!
Ps. 53:1-7. “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie.” (:2).
Geliefdes, u kan gerus vanoggend se Psalm 53 saam met my lees. U kan selfs uit Psalm 14 saam met my lees waar u hierdie selfde Psalm, met enkele verskille, sal vind. Ek glo nie dat hierdie Psalm per ongeluk twee maal in die Woord van die HERE ingesluit is nie. Ek glo dat die herhaling van hierdie selfde boodskap juis vir ons ‘n beklemtoning daarstel. Dit is om die belangrikheid van die boodskap hierin vervat vir ons duidelik te beklemtoon.
In die artikel wat volg en wat skynbaar oral rondgestuur word en ook op die AVP se lessenaar beland het verskyn daar besonderhede wat, indien dit feitlik is, sekerlik lig werp op heelwat gebeure in Suid Afrika. Die kinkel in die kabel vir Cyril is egter dat sy hanteerders hom met die dollars onder die matras, nou in die pekel het! Dat daar ‘n aanslag op sy status gemaak word is onmiskenbaar.
‘n Interressante politieke ontleding wat perspektief werp op die Russies/Oekraїne konflik. Die AVP plaas die artikel met erkenning aan Scheerpost. Die belangrike is die rol van die Nuwe Wêreld Orde, versteek in die huidige Amerikaanse regering se optrede wat Navo betrek en in samewerking met die hoofstroom media, die Russe die sondebok van die wêreld maak op dieselfde wyse waarmee die Afrikanervolk uit hulle weg geruim is om te kan voortgaan met wêreldoorheersing.
In sy poging om verkies te word as president in 2017 is die R500,000 Bosasa skenking steeds nie bevredigend opgelos nie en is Ramaphosa se aanvanklike verduidelikings dat hy nie daarvan kennis gedra het nie, uiters omstrede. Nou is die vrae oor sowat R60 miljoen in kontant onder die bed van sy plaashuis, waarvan die wie, waar en wat, desperaat op die hoogste vlak toegesmeer probeer word, besig om sy politieke beweegruimte ernstig in te perk!
Dan hang die swaard van mynwerkerslagting ook nog oor sy kop. As verder gekyk word na Ramaphosa se onvermoë om misdaad, korrupsie, veiligheid en werkloosheid onder beheer te bring in ag geneem word, sal die Weste ernstig moet begin kyk na plan “B”.
Dit is nou hier waar die feitlikheid van die onbestaanbaarheid van nie-rassigheid en eenheid in verskeidenheid binne ‘n demokrasie, duidelik sigbaar word. Selfs die mees liberale van die liberales het noual erken dat Suid Afrika op die rand van totale ineenstorting gekom het!!