1 Sam. 16:1-13
“Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (:7).
Geliefdes, hierdie kosbare les uit die Woord van God moet ons dalk meer gereeld in ons dae hoor. Ja, die mens van ons tyd wat so maklik met dit wat voor oë is, bekoor word. Hierdie ydelheid en oppervlakkigheid het tot gevolg dat die mense met baie geld deesdae diegene is wat aansien geniet. Dit is die mense wat in leiersposisies en posisies van mag beland – ongeag of hulle bekwaam is en oor die wysheid hiervoor beskik al dan nie.
Nee, bepaald nie! Om die waarheid te sê, dit kom al uit die Bybel se tyd. JOSUA 2:10 "want ons het gehoor dat die Here die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het"

Wat ookal die medium is waardeur nuus tot jou kom, hetsy koerant, beeldradio, selfoon of rekenaarinternet, die geloofwaardigheid daarvan is bedenklik! Wanneer reg en onreg egter teenoor mekaar testaan kom, is dit wesentlik noodsaaklik om navorsing te doen wanneer dit jou geloof, jou gesondheid en algemene welwese en die van jou kinders, familie en vriende kan beïnvloed.
DOMINEE C VAN RUITENBURG: 'ONS IS DIE HERE DANKBAAR DAT ONS GEMEENTE TANS HIERDIE HEUGLIIKE GEBEURTENIS MAG VIER.
Geagte leser. Nie net die Reformatoriese Koerant mag vier dat hulle reeds 50 jaar bestaan nie, dog ook die Gereformeerde Gemeente van Krimpen aan den IJssel wat lê in die provinsie Suid
Holland, gedenk hierdie jaar dat dié kerk die suiwere woord van God mag verkondig. Daar is in al die jare nooit van hierdie beginsel gewysig nie, en dominee van Ruitenburg, waarmee ons ter geleëntheid van hierdie heuglike feit 'n onderhoud gehad het, het ons verseker dat dit ook nie sal gebeur nie.
Matt. 25:31-46 “En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” (:40). “Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.” (:45). Geliefdes, luister ons mooi na hierdie woorde van onse Here Jesus Christus? Kry ons skaam en seer wanneer ons in die lig van hierdie gedeelte aan ons eie dade uit die verlede dink –
hoe verkeerd het ek nie al teenoor my Here gehandel nie? Hoeveel leed het ek Hom nie al berokken nie? Hoeveel maal het ek al by Hom verbygegaan en nagelaat om aan Hom goed te doen?!
VLAAMS PARLEMENTSLID MNR. KRISTOF SLAGMULDER: 'ONS AKSIE BEWYS DAT VERSET LOON"
Geagte leser. Ons het nav. die feit dat 'n moskee in die Oos-Vlaamse stad Denderleeuw voorlopig
van die baan is, 'n interessante vraaggesprek gehad met mnr. Kristof Slagmulder, wat behalwe faksieleier in die gemeenteraad, ook parlementslid is. Ons het die woordjie 'voorlopig' in die sin geplaas omdat by Moslems jy nooit kan weet watter boosaardige pad hulle nog kan gaan bewandel nie.
Meneer het, voordat ons, ons onderhoud begin het, beklemtoon dat verset teen die islamisering loon. Niks doen is na sy siening geen opsie nie. Die Vlaams Belang beklemtoon die standpunt dat elke moskee één te veel is.
150 MILJOEN Rand van die "covid Pandemie" om tussen jou "vriende" te verdeel is regtig nie te versmaai nie, of hoe meneer die Klerk? In skietgoed, die NP se propagandablad van 1977 het jy mos hierdie toestand voorspel!

Kyk weer noukeurig na die inhoud van hierdie propagandablad van die Nasionale Party, Skietgoed wat uitgegee is in Junie 1977. Dit was opgestel deur F.W. de Klerk wat toe ‘n lid van die Volksraad was (LV.) Dít was sy siening van die Progresiewe Reformiste Party se beleid en wat dit vir Suid Afrika ingehou het, sou hulle ooit aan bewind kom en daardie beleid in Suid Afrika toepas.