20% in Senwes en die samesmelting van Senwes en Afgri se kleinhandelsbesighede deur middel van Grindrod en Remgro, gee Rupert ‘n stewige greep op die voedselketting in Suid Afrika, maar ook in Afrika. Kan dit dalk die regeringsaankondiging wees dat brandstofmengsels in 2015, ten minste 5% Biobrandstof moet bevat?
Met die toenemende konflik in die Midde-Ooste en die opbouende spanning tussen Israel en Iran, is die moontlikheid van ‘n derde wêreldoorlog nie vergesog nie en word beide die energie-en-voedselbronne twee baie belangrike komponente om te beheer. Indien finansiële oorwegings die enigste motivering is, wonder ‘n mens waarom AgriGroupe, met ’n aanbod kom van sowat R2,4 miljard vir die oorname van al Afgri se aandele. Dit is R7 per aandeel, terwyl Afgri se aandeelprys slegs R5,81 is met Amerikaners wat belang daarby het. Lees gerus die onderstaande berigte in hierdie verband en bereken die moontlike invloed wat dit op die Suid Afrikaanse landbou in die toekoms kan hê as daar nou al gese word dat hierdie ooreenkoms strategies is vir al die rolspelers. Vraag is, wie is hulle almal? (Luidens ’n Sens-verklaring sluit dit Noord-Amerikaanse instellings en individue in met geen bande met buitelandse regerings of mededingers nie. Dit sal ’n konsortium van swart vennote in Suid-Afrika met landbou-kundigheid insluit.)
IS DIT PEILBAAR?
Wat het fout gegaan met ons Afrikanerleiers .... en wat is vandag nog fout? Dit is die knaende vraag wat by herhaling opkom wanneer die toestand waarin ons volk verkeer, en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het bedink word. Die ryk en heroïese geskiedenis van ons volk, wat deur van die moeilikste omstandighede wat bedink kan word, met behoud van geloof en verantwoordelikheid en besef van God se genade, gestry, geveg, gebloei en gegroei het, maak die rasionisasie van die afwyking van geykte beginsel en beleid peilloos. Dit is net eenvoudig nie moontlik om te bedink wat verkose leiers besiel het om teen die mandaat wat hulle van hulle eie mense ontvang het, op verbloemde wyse te begin om ‘n klimaat te ontwikkel waarin ‘n 180° omkeer beplan en uitgevoer word, terwyl die gevolge daarvan aan hulle wel bekend is nie. Die uiteinde daarvan is dat daar kwistig met die begrippe van verraaier, verraad, hensopper, joiner, meeloper, saamprater ens. omgegaan word. Die terme linkses en ultra regses, liberaliste, pienkes, kommuniste en dergelike het ook nie uitgebly nie. Hiervan was die somtotaal, uiterste verdeeldheid, wantroue en openlike vyandskap wat selfs deur gesinne gesny het.
Die grootste verleentheid egter bly steeds die Suid-Afrikaanse konneksie, een van die hoofverdagtes in die terreur in 'n winkelsentrum 'n vrou wat met 'n Suid-Afrikaanse paspoort rondloop.
2 Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! — maar U help nie?
3 Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.
4 Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.
5 Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.
Ons wag op U, O Vader, in ootmoet, sonder verdienste, wag ons op U. Amen.
Die beoogde naamsverandering skreeu teen Zuma se standpunt, dit skreeu teen versoening, ontwikkeling en ekonomiese groei, en dit lyk of dit nywerheid- en infrastruktuur-sabotasie verheerlik.
Beeld, 4 Februarie 2002, Hoofartikel: As die regering nou 'n ongelukkige boodskap aan Suid-Afrikaners en aan die buiteland wil stuur, moet hy toelaat dat die dorp Secunda se naam verander word in dié van Barney Molokwane. Dit gaan nie oor die behoud van die naam Secunda nie. Dit is geen besonderse naam nie. Dit is gegrond op die Latynse woord vir ``volgende'' of ``tweede'' na aanleiding van die tweede Sasol wat daar gebou is en waaraan die dorp sy ontstaan te danke het. Die plan is blykbaar in elk geval dat ``Secunda'' vir 'n deel van die groter dorp behou word.
Dit gaan ook nie net oor die geldbesteding aan naamsveranderings terwyl verskeie ander noodsaaklike projekte soos onderwys, gesondheidsdienste, werkverskaffing, misdaadbestryding, asook die verskaffing en instandhouding van infrastruktuur, voorrang behoort te kry nie. Daaroor kan wel 'n sterk saak uitgemaak word. In hierdie geval gaan dit veral oor die keuse van die ANC-vryheidsvegter Molokwane as persoon na wie die dorp genoem moet word. Die probleem is dat Barney Molokwane bekendheid verwerf het vir sy aandeel in 'n missiel-aanval op Sasol, wat destyds deur die ANC beskou is as 'n maaksel van die apartheidsregering.
26 SEPTEMBER 1950: SASOL GEREGISTREER
WAT 'N TRAGIESE HERDENKING VAN DIE DEURSETTINGVERMOË VAN 'N GESLAG OF WAT GELEDE!!
KULTUURDAGBOEK 26 SEPTEMBER. (SIEN BERIG: "NIKS VIR NIKS EN BAIE BIETJIE VIR 'N TIEKIE")
Die Suid-Afrikaanse Steenkool, Olie- en Gaskorporasie Beperk, bekend as Sasol, is op 26 September 1950 as maatskappy geregistreer. Aangestel in die eerste direksie was FJ du Toit as voorsitter en PE Rousseau as besturende direkteur. Die geskikste plek vir die oprigting van die fabriek was die noordoostelike hoek van die Vrystaat, waar 'n groot steenkoolveld geleë is, en naby die Vaalrivier wat as waterbron dien. Die nabygeleë Witwatersrand as die land se belangrikste afsetgebied vir Sasol se produkte, was 'n verdere voordeel.
Die bewys van ‘n vinnige en onomkeerbare herverdeling van rykdom, hoef jy nie verder te gaan soek nie. Bates wat met die Afrikaner se arbeid en kundigheid opgebou is, word op hierdie skreiende wyse aangewend wat op géén wyse hoegenaamd enige bydrae tot die opbou van Suid Afrika maak nie. In teendeel tot nadeel van die al armer wordende werkersklas en tanende dienslewering. In die land van die blindes word Eenoog nou sigbaar, koning!
CITY PRESS Sasol bosses cash in (Mamello Masote 16 September 2013 8:00)

Chief financial officer Christine Ramon
With the chemical giant’s ballooning share bonuses come the resignations of the financial director and chairperson, and the retirement of a senior group executive. Other executives are also coining it . Sasol chief financial officer Christine Ramon, who sold R33.7 million worth of shares earlier this year, before announcing her resignation, is not the only Sasol executive making big money out of the company.
Two more directors are also set to leave the chemical giant with heavy wallets. The spate of resignations from Sasol’s top ranks has not been explained.