Wat sê die Woord van God oor stryd terwyl daar ‘n totale aanslag op ons Afrikanervolk aangelê is?
JEREMIA 50:24
Ek het vir jou ’n strik gespan, en jy is ook gevang, o Babel, sonder dat jy dit geweet het; jy is betrap en ook gegryp, omdat jy jou teen die HERE in die stryd begeef het.
SAGARÍA 10:3
Teen die herders het my toorn ontvlam, en oor die voorbokke sal Ek besoeking bring; want die HERE van die leërskare gee ag op sy kudde, op die huis van Juda, en maak hulle tot sy pragtige perd in die stryd.
ESÉGIËL 13:5
Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie.
HEBREËRS 12:4
Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.
In die boekie van David Styles, “Understanding the Freedom Charter”, verduidelik hy die bedoeling en betekenis van die samestellers van die Freedom Charter. Daar sal ‘n vinnige en onomkeerbare herverdeling van rykdom plaasvind, het hy geskryf. In die berig van die Star hieronder en die ontplooiing van Zuma se nuwe kabinet met top Kommuniste in sleutelposte, sal die implementering van die Freedom Charter algaande toeneem.
Daar moet nie uit die oog verloor word dat toe die NP se Willem de Klerk, Willie Esterhuyse en genote in London met die ANC onderhandel het, was dit met Zuma en Mbeki wat top Kommuniste was uit die Politburo van die kommunisteparty. Sonder verset teen die maatreëls wat aangewend word om ons finansieel te vernietig, sal ons aan die banke uitgelewer wees wat in hierdie proses ‘n meedoënlose vyand van die Afrikanervolk is en ongenadiglik beslag sal lê op goed en bloed in die proses om Suid Afrika aan die imperialiste te besorg.
Sedert 1994 is uitgesproke Kommunistiese ministers in beheer van onderwys op alle vlakke.
SO SIEN EK DIT
Opmerking: Bylae A onderaan hierdie artikel sit die onmiddellike Kommunistiese bedreiging van ouer-verbonde private onderwys uiteen. Dit sal sinvol wees om as agtergrond vooraf die Bylae en veral die rooi gedeeltes daarin te lees. Kyk ook die artikel van Frans Cronjé van die South African Institute of Race Relations, oor Die rooi gevaar is terug (of was hy ooit weg?) in Rapport van 1 Junie 2014.
PRIVATE ONDERWYS EN OPLEIDING: VRYE GEHALTEONDERWYS ‘N NOODSAAK
DIE REWOLUSIONÊRE AANSLAG
Skaars is die verkiesing verby of die Kommunistiese Rewolusie kom na vore. Ditsem Nuus berig op 30 Mei: Geharde Kommuniste sit breed en prominent in die nuwe kabinet van die ANC-regering. Die SA Kommunistiese Party se senior leierskap bestaan uit Blade Nzimande, sekretaris-generaal; Jeremy Cronin, adjunk-sekretaris-generaal; Senzeni Zokwana, nasionale voorsitter; Thulas Nxesi, adjunk-nasionale voorsitter en Buti Manamela, jeugleier. Met die aanstelling van Zokwana as Minister van Landbou en Manamela as Adjunk-minister is al hierdie senior SAKP-lede nou in prominente regeringsposisies. Lede van die SAKP se sentrale komitee wat ook ministers of adjunk-ministers is, is Rob Davies, Jeff Radebe en Godfrey Oliphant. Davies is Minister van Handel en Nywerheid met Patel uit Cosatu as Minister van Ekonomiese Sake.
Ver loop die Afrikanerspoor van sterwe en lewe
Vloeke van haat verduur met baie grafte langs die pad
Drie keer ons vryheid verloor en twee keer herwin
Twintig jaar nou die smet van ‘n swart skaduwee wat plunder
Indien dieselfde paralel van die politieke ontplooiing sedert 1966 getrek sou word, sal die uitslag verstommend dieselfde wees!
Wiskunde in die 1970's :
'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy produksie-koste is 4/5 van die prys. Wat is sy profyt?
Wiskunde in die 1980's :
'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is 4/5 van die bedrag, of R80. Wat is sy profyt?
Wiskunde in die 1990's :
'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is R80. Het hy 'n profyt gemaak?
Wiskunde in die 2000's :
'n Boer verkoop 'n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is R80 en sy profyt is R20. Opdrag: Onderstreep die syfer 20.
Wiskunde in 2014:
'n Boer kap 'n pragtige woud af sodat hy 'n profyt van R20 kan maak. Voordat hy dit egter kan verkoop, word hy geskiet en sy bakkie gekaap.
Die kaper verkoop die hout vir R50 en die boer se bakkie vir R800 en maak dus 'n wins van slegs R850. Opdrag: Verduidelik hoekom dit apartheid se skuld is
Romeine 8: 31
31 WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
33 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.
34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
Die waarde van ‘n demokratiese verkiesing in die post Perestroika era van de Klerk en Gorbachev, is ernstig onder verdenking.
Met die aandag af van die verkiesing en die ANC oënskynlik stewig in die saal, het die DA volgens al die politieke ontleders, met hulle veldtog om swart stemme te werf as die amptelike opposisie uit die stryd getree met Malema wat in hulle nekke blaas.
Dit is egter betekenisvol dat die AVP wat deurgaans gepleit het dat blankes en veral die Afrikanervolk moet wegbly van die stembus, in opvolg van die HNP se slagspreuk, “Stem reg, bly weg”, soos wat beide mnre. Jaap en Willie Marais se HNP standpunte, vir voor-die-handliggende redes was en waarvan die AVP die verlengstuk geword het, nêrens in die hoofstroom media aandag gekry het nie. Geen politieke ontleder het die wegblystem verreken, waarskynlik om die betekenis daarvan stil, stil te laat verbygaan. Die waarde van ‘n demokratiese verkiesing in die post Perestroika era van de Klerk en Gorbachev, is egter ernstig onder verdenking. Neem maar die geknoei in Suid Afrika met die referendum van 1993 en 1994 verkiesingsuitslae en daarmee saam die demokratiese verkiesing wat Morsi in Egipte en Asaad in Sirië gewen het en die mees onlangse in Cremea en die Oekraïne waar die uitslae tot geweldige lewensverlies gely het. Moderne “demokrasie” het destabiliserende instrumente in die hande van die imperialiste geword.