

Die ou gesegde van, gee die pinkie dan vat hulle die hele arm, is sedert die eerste toegewing van een Maori in ‘n rugbyspan, steeds die norm in de Klerk se nuwe Suid Afrika! Die herhaalde waarskuwings dat een toegewing aan internasionale druk sal lei tot ‘n volgende eis, tot ‘n volgende toegewing, totdat die finale eis van Swart meerderheidsregering, wat nou realiteit is, die platvorm word vanwaar alle besit nou in gedrang kom, was en word steeds deur die vingers gesien. Die tragiek hiervan is dat hulle nie teen ons ‘n oorlog gewen het, met hulle rewolusie geslaag het of ons selfs op een of ander wyse uit ons land uit geswendel het nie, maar dat ons deur ons eie verkose regering uit ons land verraai is! 'n Windgedrewe, beginsellose, volksontroue "leiers". Daar kan nou met reg gevra word waar die skuldlas die swaarste lê. By die verraaiers, of by ons wêreldgelykvormige stemgeregtigde kiesers wat hulle daartoe instaat gestel het? Hoe dit ookal sy, Paddy Harper van Rapport berig dat
Goodwill Zwelithini, koning van die Zoeloes, en ander tradisionele Zoeloe-leiers wil in die land se grootste grondeis nóg die hele grondgebied van die destydse Zoeloeland eis – Durban inkluis.
Toe die generaals die grondwet moes beskerm, ‘n greep vanuit die Staatsveiligheidsraad op die politici moes neem wat die Afrikanervolk se flanke begin blootlê het met détente, konsensus en onderhandeling, het hulle hoë sosiale profiel hulle ontvanklik gemaak en gekompromitteer tot uitverkoping in teenstelling met beskerming van die volk in wie se diens hulle gestaan het. Die greep van dissipline waarmee ons opgelei was sou hulle moes beskerm vir dit waarvoor hulle die oë gesluit het en hét weliswaar tot vandag toe. Maar nou raak dit ‘n bietjie dik vir ‘n daalder as die manne wat die spit moes afbyt se hoop op vryheid telkens op die horison verdwyn en hulle dan nog boonop moet lees en hoor hoe “onskuldig” die skuldiges pleit!
‘Luister nou, generaal, onthou u die keer toe...’
2014-07-19 22:50
Generaal Johan van der Merwe
Die weerwraakaanvalle van Israel op Gasa word uit sommige kringe skerp veroordeel. Dit het gevolg nadat drie Joodse kinders volgens aanvanklike berigte deur Palestyne vermoor is. Nou blyk dit egter dat hierdie moord deur Al Kaida beplan en uitgevoer is, 'n organisasie wat niks met Hamas, die Palestynse owerheid te doen het nie, maar wel 'n terroriste organisasie is wat deur Israel en die VSA daargestel is en befonds word om onder meer terreur in die Midde-Ooste aan te stig. Die weerwraak van Israel is natuurlik haarfyn beplan; reeds lank voor die moorde! Gasa, die piepklein gebied word aangeval asof 'n oorlog tussen state heers. Hewige bombardering is aan die orde van die dag. Meer as driekwart van die slagoffers is burgerlikes en 36 kinders is al gedood.
TITUS 2: 1-14
1 MAAR spreek jy wat by die gesonde leer pas.
2 Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.
3 Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,
4 sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,
5 ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.
Indien u enige twyfel het oor die bo-vermelde vraag, word u aanbeveel om te kyk na die onderhoud van advokaat Paul Hoffman met Thabo Mbeki voor die Seriti Kommissie van ondersoek. Dit handel oor die wapenskandaal van R13 miljard in 1998, wat met ‘n klein sommetjie van ‘n ekstratjie hier en daar, aangeskuif het na +- R70 miljard. Dit is duidelik dat daar uit die Seriti ondersoek niks sal voortkom wat enige van die vorige betrokkenes se aandeel gaan uitwys waarvoor hulle verantwoordelik gehou sal kan word, bloot omdat Willie Seriti geen behoefte toon om relevante vrae en/of stellings toe te laat waarvoor antwoorde nodig is nie. Ander swart deelnemers aan die ondersoek is eweneens partydig en maak voorstelle om sekere vrae geskraap te kry.
Daar is baie duidelik gevaarligte wat flikker vir die voortbestaan van die Amerikaanse Dollar as internasionale betaalmiddel wat die afgelope 70 jaar ‘n wurggreep op die handelsbehoeftes van feitlik elke ander land gehad het. Met die Bricslande se vordering om ‘n alternatief vir die dollar daar te stel, is dit ‘n ope vraag of veel daarvan gemaak moet word.
As die Amerikaanse dollar nou vervang word met die nuwe grootste ekonomie van China, is dit nie maar bloot die vervanging van een ekonomiese boelie met ‘n ander nie? Dat die verwikkelinge egter ingrypende politieke gevolge sal hê is onbetwisbaar en sal dit dwaas wees om nie daarmee tred te hou nie. Gedagtig aan die oorgrensskakeling van geheime organisasies wat juis die geldmag insluit, sal dit interessant wees om te sien hoe die banke, rentekoerse en algemene finansiële verknegting van die man op straat hierdeur geraak sal word.
Om in Suid Afrika te kwalifiseer vir onverdiende, ewigdurende en buitensporige inkomste, moet jy net Swart wees en op een of ander stadium ‘n pos in die staatsdiens bekom het, met of sonder kwalifikasies.
Behalwe dat dit verbysterend is dat die regering van ‘n land sy belastinginkomste in salarisse, luukshede, onsinnige aanstellings van amptenary, uitgawes sonder goedkeuring, aanhoudende korrupsie en uitvoerende en wetmakende posbekledings sonder getoetste kwalifikasies kan spandeer en steeds dink hulle kan ‘n land regeer, is die verstommende dat diegene wat hulle daartoe instaat gestel het, die onmoontlikheid daarvan self propageer het!
As “regter” Motata die enigste was wat in lang uitgerekte ondersoeke by die huis sit met volle betaling, sou ‘n mens nog kon dink dat dit vir die een of ander rede meriete had. Die lys is egter lank en word die Freedom Charter se vinnige en onomkeerbare herverdeling van rykdom ‘n werklikheid, hoe onregverdig dit nou ookal mag wees. As die een munisipaliteit na die ander bankrot raak en die land se totale infrastruktuur in duie stort, dan wonder ‘n mens waarom diegene wat hulle vir die verwydering van apartheid beywer het, verbaas is! Kyk opnuut hier onder na die hooffiguur in hierdie drama, F.W. de Klerk se aanvanklike siening oor die PRP(nou die DA) van destyds se beleid.