Die skrifgeleerdes en Fariseërs, in noue samewerking met die oorgeërs, saampraters en joiners, is besig om wat hulle as ‘n “pakt” beskou, begrippe soos versoening en selfbeskikking te versondig en te verketter sodat dit haas onherkenbaar voorkom.
In hulle pogings om Umkontoe-veterane en oud weermaglede van die Bosoorlog in Soweto saam te bondel vir versoening, terwyl die blankes toenemend beroof, vermoor, vermink en verkrag word, word die swart taxi bedryf genader om patrolliewerk te doen om die Boere teen plaasaanvalle te beskerm! Vindingryk ne?
’n Beter plan vir wettige observasie, betreding, vervoer van moordenaars na en van aanvalstonele is sekerlik nie te bedink nie!
ONDERHANDELING DIE SLEUTEL
Dit is duidelik waar die blink gedagte van FW de Klerk vandaan gekom het om ‘n referendum uit te roep om daardeur vas te stel of hy ‘n mandaat sou kry vir die verandering van die grondwet deur middel van onderhandeling. Onderhandeling was die sleutel. Vir die Amerikaners was dit duidelik dat geen oplossing verkry sou kon word as dit nie deur onderhandeling kon geskied nie. Daarvoor moes die Afrikaner oorreed word. Met ‘n veranderde grondwet, was dit net ‘n hanetree na ‘n swart meerderheidsregering. Maar wat was die Amerikaners se belang in Suid Afrika?
Aspen Institute
In die Weekly Mail van 7-13 April 1989 verskyn daar ‘n artikel oor ‘n byeenkoms wat deur die Aspen Institute gereël is. Die Aspen Institute is in Washington, Amerika gesetel . Die belangrikheid van die byeenkoms volgens Mark Swilling, die artikelskrywer, is: “...convened to educate a significant group of American congressmen and senators. Its importance lay in the fact that the conference provided a forum where all the major South African actors could articulate policy positions at a time when the major super powers are working out their approaches towards South Africa after Namibian independance.”
In onlangse E-Posse tussen Jaap Kelder en Johann Wingard, is dit duidelik dat daar steeds agter die skerms gewerk word om met die regime te onderhandel oor ‘n volkstaat. Ek plaas ook hierdie korrespondensie as bevestiging.
Van: "Jaap Kelder" <Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.;
Datum: 24 apr. 2016 10:33
Onderwerp: RE: selfbeskikking
Aan: Cc:
Beste Johann,
Soos jy uit die aangehegte stukke gesien het is daar ‘n raamwerk vir ‘n Wet op Selfbeskikking gevestig. Die selfbeskikking wat verlang word is binne die raamwerk van die huidige Grondwet. Die regering erken die reg op selfbeskikking in die aangehegte skrywe. Dit sal dan ook die basis vorm waarop toekomstige onderhandelinge met die regering gebaseer sal wees.
“Boere-Afrikaner Volksraad” skryf Suid Afrika af as Afrikanerland.
Hierdie “BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD”, wat beslis níé die gedeelte van die Afrikanervolk wat lede van die AVP is en daarby ingesluit alle Afrikaners wat die standpunt handhaaf dat Suid Afrika die Afrikanervolk se land is, verteenwoordig nie, het reeds slegs met die aanvaarding van die beginsel om te onderhandel (met wie ookal), oor di e Afrikaner se eiendomlike,Afrikanerland prysgegee!
In die onderstaande samesprekings met die Swart, Kommunistiese meerderheidsregime vir ‘n volkstaatjie, iewers waar dit die Swartes behaag en so groot as wat hulle bereid is om af te staan, in ruil vir ons Godgegewe erfenis, is die regmatige aanspraak van die Afrikanervolk op Suid Afrika deur hulle prys gegee en in beginsel die reg van die Swart volke op ons vaderland daarmee erken. Daarna was van meet af deur die ANC duidelik gemaak dat geen diskriminasie van welke aard ookal voortaan in Suid Afrika geduld sal word nie. Nie omdat dit vir hulle ‘n morele kwessie was nie, maar bloot om toegang te hê tot dit wat die Afrikanervolk opgebou het.
Matt. 15:1-20
“Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.” (:8).
In hierdie gedeelte spreek Christus Hom in geen onduidelike taal uit teen ‘n valse godsdienstigheid. Daar is mos deesdae geen probleem met multi-kulturele aanbidding en godsdiensvermenging nie. Elkeen bid tot sy eie god, maar ons kan dit mos maar sommer almal saam doen. Laasgenoemde redenasie skreeu ten hemele en ‘n volk wat hierdie siening huldig, staan op die rantjie van geestelike bankrotskap.
Waarom is mense bereid om so maklik kompromieë aan te gaan m.b.t. geloofsoortuigings? Is dit dalk weens die feit dat hulle nie opreg is in hul Godsdienbeoefening nie?

Die volgehoue en steeds onlangse geknoei onder Afrikaners en Afrikanerorganisasies met die oog op die verkryging van ‘n volkstaat vir die Afrikanervolk, genoodsaak ‘n nugter en oordeelkundige be-oordeling daarvan. Al die tersaaklike aannames en uitsprake moet belig word sodat daar ‘n finale duidelike en sigbare skeiding kan kom tussen die voorstanders en teëstanders daarvan.
Die AVP se strewe om bymekaar te bring wat uit innerlike oortuiging bymekaar tuis hoort, word belemmer deur verwagtings wat enersyds geskep word en andersyds soos met die IDASA KOMPLOT, agter die skerms deur sameswering bekonkel word vanweë die weerstand daarteen.
Die ontstaan van Orania in 1990 onder leiding van Prof Carel Boshoff met nagenoeg 40 gesinne en Kleinfontein in 1992 met twee gesinne en 50 aandeelhouers het albei gegroei tot nagenoeg ‘n duisend inwoners elk in die afgelope 24 jaar. Beide het tot stand gekom uit die ingenome standpunt dat swart meerderheidsregering onafwendbaar is en daar derhalwe groeipunte moes wees waar Afrikaners hulle taal en kultuur instand kon hou tesame met ‘n mate van selfbestuur.
Psalm 95:1-11
“Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.”
Een van die grootste uitdagings van ons tyd is sekerlik om lewensperspektief te behou. Die media, die samelewing en selfs menig kerke is só besoedel met die besmetting van individualisme en humanisme dat hierdie smetlike en veragtelike denkwyse soos ‘n kanker versprei.
Daar is min dinge wat só suksesvol gebruik word om mense se individualisties-humanstiese denke te bevorder as die skepping van sport-ikone en filmsterre. Hierdie mense word gedurigdeur voorgehou as mense wat “ware vreugde” in die lewe smaak deur hul glansryke lewens. Daar kan nie genoeg berigte geplaas word van hul pragtige vakansies, uitspattige feesgeleenthede en eervolle bekronings nie. Die een na die ander “ster” word geskep, gepoets en na ‘n rukkie weer vergeet.