Die gedierte wat F.W. de Klerk in 1994 op Suid Afrika losgelaat het lê reeds op sy maag met kwispelende stert, gereed om op hom te spring, ten spyte daarvan dat hy hom gevoed en gekoester het ten koste van sy eie volk!
Die onversoenbare verskille tussen rasse en kulture wat slegs deur afsonderlike ontwikkeling die klimaat vir vreedsame naasbestaan kon verseker, bring nou die vrugte voort in sy afwesigheid wat deur de Klerk deur wigte en teëwigte beheer sou word!
Hierdie gebrekkige en moedswillige politieke malligheid word ten beste illustreer deur Malema se uitlatings in die onderstaande berig.
TEACHER WORKED FOR 20 YEARS WITH FAKE QUALIFICATIONS (Lees die Engelse berig na my kommentaar om die ore van die seekoei in die onderwysstelsel te sien uitsteek!)
HOE HET ONS IN HIERDIE TOESTAND BELAND
Bo en behalwe doelgerigte en planmatige misleiding en verraad, het die ooglopende wegkruipery in nuutgestruktureerde Onderwys-organisasies waarin ras as grondslag prysgegee is, geen "diskriminasie" is nie, m.a.w. "oop" soos die rigting deur die NG kerk in 1986 aangedui is, 'n belemmering vir effektiewe weerstand geword deur die oënskynlike optrede in belang van die Afrikaner!
Afrikaner-onderwyskundiges, hetsy vanweë oortuiging of dienstigheid, het die toepassing van die vernietigende Onderwysleerplan van selfs die vorige regime hulle al laat welgeval. Dat die totale miskenning van standaard, die onreg aan die kinders van elke ras, die onwetmatigheid van optrede en voorspelbare insinking in die lig van die voorgestelde kriteria vir onderwys, nie 'n storm van protes by ons en ons "Onderwys-hoë’s" ontlok het nie, dui op die mate waarin die vyand se strategie suksesvol was!
HOE HET ONS WEERSTAND GEBIED
Efésiërs 4:17-32
“en gee aan die duiwel geen plek nie.” (:27)
Ons lees alreeds in Génesis hoedat die satan met die sondeval die eerste mense op ‘n slu manier oorreed het om vir hom ‘n plek te gee in hul bestaan. Hierdie versigtige taktiek werk net só goed dat die satan aanhou om dit te gebruik. Hy kom meestal nie op ‘n blatante manier op jou afgestorm en dwing jou om sonde te doen nie, maar het menigmaal baie tyd om op allerhande maniere versigtig en ongemerk jou lewe binne te dring.
Dit is gewoonlik eers wanneer ons die wrange vrugte van hartseer en vernietiging begin pluk dat die besef tot ons deurdring dat die satan dit alweer reggekry het om ‘n greep op my te kry. Die satan wag net vir daardie perfekte oomblik wanneer ek die insettinge en waarskuwings van God ignoreer om op my toe te slaan. Daardie oomblik wanneer ek onnodig onbeskof is met my vrou en die gebod van God om my vrou lief te hê, verontagsaam.
‘n Leuen kan nie waarheid, verkeerd nie reg, onbevoegdheid bekwaam of swart skielik wit word.
Veelrassigheid nie-rassig en verskille nou eners, dom nou briljant en Luiheid as fluks beloon word.
Ongeloof kan nie gelowig en sonde regverdig,
korrupsie vindingryk en baas nou die klaas word.
Net omdat die meerderheid daarvoor stem nie.
Die uitslag van die “verpletterende” mosie van wantroue van die opposisie, was soos altyd, voorspelbaar. Die uitslag van 214 téén die mosie teenoor die 126 wat daarvoor gestem het is uitsluitlik die gevolg van die Liberale en Humanistiese “democracy” in Suid Afrika.
Die riglyne wat selfs voor 1948 deur die geskiedenis aan die blanke nedersetters opgedwing is, het ‘n beginsel neergelê wat gevolg toegepas en in beleid vasgelê is. Begrip vir die politieke en sosio-ekonomiese gevolge indien die ras- en verskeidenheidsverskille nie in aanmerking geneem sou word nie, was deurgaans die waarskuwing vir die teenhang daarvan.
Die aandrang op verandering na ‘n “beter” bedeling en die breinspoeling tot die aanvaarding daarvan, was en is die spreekwoordelike pêrels voor die swyne in praktyk. Daarvan is die “Nuwe Suid Afrika” reeds ‘n sprekende voorbeeld.
Die onverantwoordelike, onbedagsame en uiters gevaarlike dobbelspel met getallepolitiek het nou al herhaaldemaal sy politieke onoorwinlikheid demonstreer. Dit is dan ook de Klerk se rugsteun vir onomkeerbaarheid waaraan hy doelbewus sy hele volk blootgestel het!
Donald Trump se oorwinning in die Presidentsverkiesing van 8 November 2016 in Amerika, wat hom die 45ste President maak om die VSA te lei, is veelkantig in sy betekenis.
Die AVP se ontleding is dat dit nie soseer die man Donald Trump is wat die oorsaak van die oorwinning is nie, maar wel die opwelling van nasionalisme ge-aktiveer deur die toenemende aanslag op die identiteit van volkere deur die drywers van Globalisme oftewel die Nuwe Wêreld Orde.
Die magte van die duisternis het nie rekening gehou met die latente krag van die nasionalisme wat die mens dring om te bly by dit waarin hy geskape is en om dit te beskerm, te handhaaf en uit te bou nie.
IS ‘N VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT WERKLIK ONGEWENS OF SELFS GEVAARLIK?
DANGEROUS ECHOES OF THE PAST AS CHURCH AND STATE MOVE CLOSER IN SA
Dion Forster, Direkteur van die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, Stellenbosch Universiteit, se opskrif verraai reeds sy vooroordeel ten opsigte van die ”verhouding” tussen kerk en staat wat bestaan het in wat hy die apartheid verlede noem.
Hy stel dit dat Suid Afrika nogeens voor die uitdaging te staan kom van ‘n gekompromiteerde verhouding tussen kerk en staat. Dit impliseer dat daar só ‘n soortgelyke verhouding in die verlede was.
Dat die kerk in ‘n gelowige volk se lewe onvermydelik ‘n bepaalde en vaste rol sal hê, is onafwendbaar. Dit is hieraan waar die sogenaamde “mensereg” ondergeskik is en nie die bepalende norm moet wees nie.
Forster se geregverdige kommer oor die huidige ontwikkeling waar Zuma en die ANC van kerklike instellings misbruik maak en sommige kerke daarvoor ontvanklik is en was, is egter die kulminasie van die wanvertolking en veroordeling van die beleid van afsonderlike ontwikkeling wat juis deur liberale en swak toegeruste kerkleiers verketter is tot euwele beleid.
Die AVP plaas dus graag die kommentaar van Dr. H Breytenbach op die wanstaltige vertolking van Dion Forster direk na sy artikel, sodat die ware en geregverdigde verhouding tussen kerk en staat, soos wat dit bedoel is om te wees, vir elkeen wat hierdie artikel lees duidelik sal wees, ook met die oog op die AVP se siening wat presies in lyn lê met dié van dr. Breytenbach.