Uittreksels uit twee onlangse koerantberigte dien as onbetwisbare voorbeelde van die onverpoosde voortgang in die feitlik openlike berowing van Suid Afrika se finansiële en ander bronne, tot die punt waar selfs diegene wat vanjaar se matriekvraestelle moes merk, nie betaal kan word en aan die ende van Januarie, steeds skole is wat nie boeke het om hulle nuwe skooljaar te begin nie.
Eskom dreig om munisipaliteite se kragtoevoer af te sny omdat hulle miljoene rande skuld, die moorde op blankes neem toe in onmenslike wreedheid, die land se infrastruktuur verval en van die “mees moderne democracy” in die wêreld se verbetering op die “euwele” beleid van apartheid, is daar niks, maar niks sigbaar nie.
Die inhuldiging van die nuwe Amerikaanse President en sy adjunk, moet bepaald vir die magte van die duisternis ‘n bekommernis wees. Die seremonie het ‘n onbetwisbare Christelike grondslag gehad.
Met ‘n uitgesproke gelowige vise President wat nie skroom om sy geloof in Christus in die openbaar te bely nie en selfs die omstredeTrump wat openlik erkenning gegee het aan die almag van God en die afhanklikheid van die Amerikaanse volk se beskerming van God, dui dit op ‘n grondverskuiwing van beginsels, waardes en sedes in Amerika.
Die sekulêre gees binne Amerika wat sedert die laaste wêreldoorlog vanuit Amerika groot dele van die wêreld besoedel het, sal nie in Trump se vier jaar termyn, maklik omgekeer kan word nie. Nietemin is daar sekere van sy uitlatings wat vir die Afrikanervolk in besonder en in die algemeen vir die Republiek van Suid Afrika van veel betekenis is.
GELD WORD INGESAMEL SODAT STEVE BY TRUMP KAN GAAN PLEIT.
‘n Organisasie met die naam, Kommando Sorg wat op die been gebring is deur ‘n John Rudman, met die oog op die bekamping van volksmoord op witmense, maak geld bymekaar om Steve Hofmeyr (hy is ‘n anker in wit geledere volgens Rudman) en Henk van der Graaf, voormalige redakteur van die Afrikaner, voormalige hoofbestuurder van TLU SA, lid van Boere Volksraad, ens., ens., VSA toe te stuur om by Donald Trump te gaan hulp soek .
Opportunisme:
Dit het die neiging om verwagtings gaande te maak wat nege uit tien keer in die sand uitloop.
Ps. 30:1-13
“Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?” (:10)
“sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.” (:13).
Dit is nodig om in ons gejaagde lewe van vandag gereeld “halt” te roep. Dit is onontbeerlik om op ‘n gereeld grondslag aan myself die vraag te stel oor wat ek hier op aarde doen. Waarmee is ek besig en meer belangrik, waarom is ek hiermee besig? Ek dink dit is nodig dat ons veral sal let op laasgenoemde, nl. WAAROM is ek besig met dit waarmee ek besig is?
Die media se bedenklike en uiters veragtelike aandeel in die verontagsaming van die stryd om bekamping van hierdie verfoeilike barbaarse uitroeiing van die blanke bevolking van Suid Afrika, is daar nie woorde voor nie!
Dit is by nou al algemene kennis dat die regime nie eers meer lippediens lewer ten opsigte van die bekamping van hierdie prehistoriese gebrek aan beskawing nie, wat staan nog effektiewe beheermaatreëls om dit aan bande te lê.
Dat die blanke daadwerklike veiligheidstrukture sal moet oprig vir selfbeskerming, het nou dwingend noodsaaklik geword. Die kommandostelsel moet weer implimenteer word in die lig van die regime se onvermoë om veiligheid te verseker en te demonstreer deur effektiewe optrede! Dit is ‘n basiese reg om jou lewe, geliefdes en eiendom te beskerm indien die regime nie daartoe instaat is nie en kennelik is hy nie!
Melkboer en sy vrou keel afgesny
‘n Foto met ‘n dieper betekenis as wat op die oog af sigbaar is. Dit moet nie uit die oog verloor word dat die DA se oorsprong en instandhouding grootliks en hoofsaaklik Joods is.
Die Jode se betrokkenheid in die aftakeling van apartheid en die dienooreenkomstige abdikasie van die de Klerkregering aan die Swart Kommunistiese terroriste in 1994, word kennelik deur Maimane verkeerd vertolk! Die internasionale Jood se politieke oogmerke val waarskynlik vêr buite Maimane se politieke begrip en is die Daily Maverick in hulle oordeel dat hy homself, en waarskynlik veral die DA in die voet,(indien nie dalk in die kop) geskiet het met hierdie besoek en foto saam met die Israelse Eerste Minister, Benjamin Netanyahu. waarskynlik in die kol!
Daily Maverick.
You will be assimilated
16 January 2017 08:12 (South Africa)
South Africa
Maimane’s Israeli blunder: The DA’s self-inflicted injury
1 Kor. 2:1-16
“Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.” (:16).
Daar is seker min mense wat hulself nog nie die vraag afgevra het wat dan eintlik hul doel hier op aarde is nie. Daar is diegene wat reken dat hul doel is om die hoogste moontlike prestasies in die lewe te bereik en dan ook diegene wat dink dat hul doel maar is om soveel rykdom as moontlik in ‘n leeftyd bymekaar te skraap. Ons kry ook te doen met diegene wat dink dat die beste ding hier op aarde is om soveel moontlik pret te hê omdat jy mos net eenmaal leef. Daar is dan ook diegene wat nie enige spesiale doel vir die mens hier op aarde insien nie en ook nie die moeite doen om hierdie saak verder na te speur nie. Dit is diegene wat maar net doelloos deur die lewe dobber.