Spreuke 15:1-33
“Die wandel van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.” (:9)
Is dit waar dat God alle mense ewe liefhet en dat almal voor Hom heeltemal gelyk is? Alhoewel dit tog baie regverdig en vroom mag klink, is die antwoord op hierdie vraag ‘n besliste – NEE! Diegene wat sulke kettery verkondig, is besig om ‘n leuen te bevorder eerder as om die koninkryk van God te dien.
As God dan geen onderskeid tussen mense tref nie – waarom het Hy Kain se offer nie aangesien nie terwyl Hy wel Abel se offer aangesien het? “...En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie. ...” (Gén. 4:4&5). Die antwoord hierop is eenvoudig dat die Skepper van die heelal vrymagtig is om enige onderskeid in Sy Skepping te maak soos wat Hy daarin ‘n welbehae het. Verder sal géén skepsel die verwaandheid hê om Hom daaroor aan te kla nie. “Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
Die “Volksraadverkiesingskommissie” en “Boere-Afrikaner Volksraad” se nuutste foefies
(Uitgereik deur Pieter de W van der Spuy, AVP-woordvoerder oor Justisie)
Die AVP het met verbasing kennis geneem van die sogenaamde “Volksraad Verkiesingskommissie” (VVK) en sy voortbrengsel, die sogenaamde “Boere-Afrikaner Volksraad”, se oproep op “volksgenote” om opnuut by die VVK as “kiesers” te registreer. ‘n Regdenkende Afrikaner sou dink dat dié instellings en hul meelopers na hulle bespotlike, maar verraderlike en mislukte poging om ‘n volkstaatjie deur onderhandelinge met die Kommunistiese regime te beding, liewers stil-stil van die politieke toneel sou wou verdwyn. Maar wat wou! Volksgenote word nou weer opgevorder om as kiesers te registreer.
Die eerste en mees veragtelike is die toenemende moorde deur swartes op blankes wat met al meer grusame geweldadigheid gepaard gaan. Die regstelsel skrik die barbare wat die moorde en aanvalle pleeg geensins meer af nie, vandaar die toename in gewelddadigheid.
Hier is duidelik ‘n tendens te bespeur wat die regime impliseer vanweë hulle traak-my-nie-agtigheid. Wat daarmee saamgelees kan word is die kwessie van die hantering van vuurwapenlisensies. Die argument dat daar misdaad gepleeg word met gesteelde vuurwapens hou nie steek nie. Dit is egter ‘n duidelike bewys van die regime se onvermoë, indien nie onwilligheid om die landsburgers teen geweldenaars en misdadigers te beskerm, wat ten grondslag lê aan die bewapening van die oortreders en die ontwapening van die wetsgehoorsames.
Jakobus 5:7-20
“En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.” (:15&16).
In die gelese gedeelte word daar vanaf verse 13 – 18 in elke vers van gebed melding gemaak. Besef ons nog die krag wat daar in die gebed van ‘n regverdige is? En weet ons as gelowige kinders van God watter voorreg ons het om tot Hom te bid?
Bravo NP van 1994 en in besonder FW en genote! Wat ‘n prestasie! Toonbeeld van politieke insig en veral die bewys van 'n voorspelde verwagting! Suid Afrika se produksiepotensiaal na slegs vier jaar se “regstelling” in beeld!



Navorsing wat toon dat daar ‘n weerstand bestaan by muskiete in Afrika teen die middel artemisinin, is bekommerenswaardig. Artemisinin wat malaria-infeksie binne drie dae kon opklaar, het hom nou vasgeloop in ‘n weerstandigheid by muskiete wat tot die dood van derduisende mense in Afrika kan lei, veral kinders volgens die onderstaande berig.
Die bedreiging vir Suid Afrika met sy oop grense is dus ook nie uitgesluit nie. Blankes wat sonder werk geraak het weens “regstellende aksie” en in Afrika iewers ‘n inkomste gaan soek het, sal noodgedwonge hierdeur geraak word.
Génesis 2:4-25
“Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.” (:18).
Die huwelik en unieke vrienskapsverhouding tussen ‘n man en vrou is ‘n wetmatigheid wat deur God daargestel is. Dit is sommer een van die eerste kosbare lesse wat ons aan die begin van die boek Génesis leer. Ons leer dieselfde les ook uit die vorige hoofstuk waar ons in Gén. 1:27 lees – “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.”