Na twee-en-twintig jaar, is daar steeds mense wat deur propaganda meegesleur word om te glo dat Zuma, en daarmee saam die ANC onttroon kan word. Niemand kan hulle meer skade berokken as hulleself nie.
Daar is slegs een enkele rede waarom Zuma en die ANC aan bewind is en aan bewind bly selfs na die grofste mishandeling van landsbestuur denkbaar, en dit is die mag van die meerderheid wat die NP onder bestuur van de Klerk en sy regering in hullehand geplaas het. Deur sy eie blanke volksgenote met uitoorlêtaktiek soos ‘n Judasbok in ‘n lokval te lei, het die stukrag van die susterskerke met die aanvaarding van die “gelykheidsbeginsel” die referendum op bedenklike wyse in de Klerk se guns laat verloop.
Elke koerant, elke nuusberig, elke politieke uitspraak en feitlik elke beeldsending het huidig iets te sê oor Jakob Zuma, oor die rommelstatus en die dreigende ekonomiese verval. Is daar ‘n ewewig in alles wat ons hoor, of lê die gewig daarvan swaar aan eenkant?
Dit was C.M.van den Heever wat reeds in 1941 in keurige Afrikaans die rol wat propaganda in die mens se lewe speel kom belig het. Die mens se gebrek aan bewustheid van die “diepe, byna onnaspeurbare wortels van die propaganda”, maak ons ook onbewus van die invloed wat dit het op ons kultuur en karaktervorming, omdat ons elke dag daaraan blootgestel is.
Van den Heever stel dit só: “As ons in die oggend opstaan en gaan skeer, dan gebruik ons ‘n bepaalde soort skeermes en skeerseep wat ons onder die invloed van propaganda advertensie gekoop het.
MEV. HENDRIKS: "DIT IS NA MY SIENING ONREGVERDIG AS 1,3 MILJOEN KIESERS GEIGNOREER WORD"
"ONS MOET NOOIT VERGEET NIE DAT DIE PVV TANS DIE TWEEDE PARTY VAN NEDERLAND IS".
Ons het reeds geskryf dat ondanks die feit dat mnr. Geert Wilders se Party vir Vryheid tans in die tweede plek staan ,dit tog geignoreer word, Baie mense is ongelukkig omdat die PVV uitgesluit word van deelneming aan die regering,, In 'n vorige artikel het ons berig oor mev. Kimberley Hendriks (23) wat geprotesteer het toe ons voormalige senator mnr Roeland van Walleghem vrae gevra het oor hierdie verkiesing, Die protes demonstrasie wat op Saterdag 25 Maart plaasgevind het was 'n voldonge feit. In net enkele dae het mev Hendriks gereël dat omtrent 150 mense uit alle dele van Nederland daaraan deelgeneem het.
Dit verstom ‘n mens dat die media en veral die klomp liberaliste so ‘n bohaai kan opskop omdat Zuma sy kabinet skommel. Wat is so snaaks daaraan as hy die dislojales vervang met diegene wat hy kan vertrou? Dit word tog oral in die wêreld so gedoen.
Die probleem is dat hy nie doen wat hulle pas nie! Daaroor was hulle egter al voor 1994 tot vervelens toe gewaarsku. Getallepolitiek in Afrika erken nie rede of meriete nie, dit erken nie ras of kultuur, geslag of godsdiens, status of aansien van enigiemand wat nie deel vorm van die etniese groep, ras of volk wat politieke beheer verkry het deur die “demokrasie”, volgens húlle vertolking daarvan nie. Slegs die behoud van mag ten alle koste! Hulle is in die meerderheid en alles wat sy posisie bedreig, het slegs die verdere verskansing van sy posisie tot gevolg deur middel van getalle! Dít is die hefboom wat die de Klerkregering en die Ja-stemmers in sy hand geplaas het!
2 Kor. 3:1-18
“Die HERE is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” (:17).
VRYHEID!!! As daar nou een woord is wat die Afrikaner ken, is dit die woord vryheid. Ewenwel wonder ek of ons tog die betekenis hiervan verstaan? Ek bedoel nie om afkrakend te wees in my laaste opmerking nie, maar wanneer ek sien hoedat die meerderheid van ons mense alewig in massas agter die verkeerde leiding (eerder verleiding) aanploeter in hul vryheidstrewe, dink ek tog dat my stelling geregverdig is.
‘n artikel wat op 26 March 2017 in Rapport verskyn het, het ook op die tafel van die AVP beland. Die dame skryf in antwoord op ‘n artikel van die politiekverdwaalde Leupold Scholtz oor die verkiesing in Nederland en met duidelik beter begrip van die huidige politieke klimaat as die politiekkorrekte standpunt van Scholtz! Die AVP plaas derhalwe haar artikel vir diegene wat lankal opgehou het om Rapport te lees.
Ek verwys na Leopold Scholtz se artikel "Populiste lek hulle wonde" verlede week. Gegewe die skrywer se agtergrond, was hierdie reaksie te wagte. Liberaliste is so voorspelbaar.
Die groot bohaai wat selfs internasionaal opslae maak is waarskynlik ‘n misleiding van formaat! Waarom sou die Westerse moondhede begaan wees omdat Zuma sy minister van finansies terugroep van sy sending na die VSA as dit nie vir die VSA en ander Westerse belange dalk ‘n nadeel inhou nie?
Dit is opvallend dat die Joodsgedrewe DA en Westerse belangegroepe die negatiewe invloed op die ekonomie voorhou as moontlike gevolg van Zuma se optrede. Die AVP is egter meer geneig om Zuma se motivering vir Gordhan se terugroep op ‘n ander plek te gaan soek as bloot die Guptas se persoonlike belange in Suid Afrika.