Dit is die datum waarop FW de Klerk oor die eter bekend gemaak het dat die Nasionale Party “abdikeer” aan die Kommunisme. ’n Swart dag in die geskiedenis van die Afrikanervolk as daar ooit een was, wat die begin van ’n totale onteiening en geleidelike volksmoord op die Afrikaner ingelui het.
Gekies uit die geledere van dr. Verwoerd se kabinet, met die skyn van nasionalisme omhul, is John Vorster, PW Botha en FW de Klerk as leiers van die Afrikanervolk agtereenvolgens verkies. Van Vorster af is nasionalisme egter op ’n glybaan na integrasie geplaas, deur PW Botha voortgesit, tot by die finale oorgawe deur de Klerk.
Matt. 20:20-28
“Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.” (:25&26).
Die moeder van hierdie twee seuns wou graag hê dat haar seuns saam met Christus sou regeer. En daarom gaan sy na Hom en rig hierdie versoek aan Christus Jesus dat haar twee seuns aan weerskante van Hom in Sy koninkryk mag sit.
In die eerste plek dat ons anders lyk as al die ander rasse bekend en ras dus ‘n onderskeidingsfaktor is.
Tweedens dat ons ons geloof verloor het en ontvanklik geraak het vir die Humanisme.
Derdens dat ons ons patriotisme verloor het en neig tot menseregte, multikulturalisme en internasionalisme.
Vierdens dat ons selfverheffing bo die opdrag om vrugbaar te wees en die aarde te vul as ‘n norm aanvaar het en derhalwe besig is om as ras uit te sterf.
Vyfdens die skeppingsorde van God ondergeskik aan die mens se ideologiese orde te stel van nie-rassigheid, nie seksisties, almal gelyk, en dan nog homoseksualisme en selfde geslag huwelike as regverdigbaar!
Hoe lank voor God ons tot orde roep, of het ons bloot blind en doof geword vir die tekens?
Nog ‘n sigbare bewys van die roekelose mistasting van dr. Verwoerd se opvolgers om Mosambiek, Rhodesië, Angola, Suid-Wes Afrika en Suid Afrika in die hande van onbevoegde swartrasse te laat beland. Die fisiese agteruitgang en verval as gevolg van die onvermoë van hierdie rasse om blank opgeboude eerstewêreldstandaard te hanhaaf, is in elk van hierdie lande sigbaar. Dit is onvermydelik dat dit die ganse Suidelike gedeelte van Afrika nadelig sal beïnvloed.
By die ent van dié reënboog lê daar ‘n pot. ‘n Pot drek en die groen gras groei daarom. Volgens de Klerk is dit waar hemel en aarde bymekaar sou kom. Hy het gedink dat niemand ooit agter die waarheid sou kom. Ongelukkig het die Guptas vir nr.1 gevra, hoe die pad loop om daar uit tekom. Die goud is gesteel en dit het die land suur bekom. Nou weet ons gelukkig almal wat bedoel was met hemel en aarde in ‘n reënboogland. ‘n Pot drek vir ‘n ieder en elk sonder visie, vars gebrou!

OP HARTENBOS SE STRAND
In.die maand Oktober 2004
is die NG Kerk op 'n noodlotíige pad gestuur. .
Met kerse en swemklere in die hand
vergader omies en tannies by Hartenbosstrand.
Die spel se naam is "eenheid" ongeag die prys
'n Kerk wat "cool" ïs, moet dït vir die wêreid bewys.
Ons wagwoord is "eenheid" wat dit ook mag kos
al beteken dit selfs om die waarheid te los.
'n Huwelik met die VGK moet ons spoedig bewerk
al vra dit egskeiding met elk ander gereformeerde kerkl
Ons evangelíe ïs Belhar so skeef en so krom
Maar nêrens kon ons 'n beter trougeskenk bekom.
Daniël 2:1-49
“U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ’n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.” (:34&35).
Daniël sien in hierdie droom van koning Nebukadnésar hoedat ‘n klip sonder toedoen van mensehande losraak en die ontsagwekkende beeld heeltemal verbrysel. Ons lees in latere hoofstukke van Daniël hoedat koning Nebukadnésar ‘n beeld oprig en Daniël se vriende weier om voor hierdie beeld te buig. Ons lees ook daarna hoedat hierdie koning oor sy koninkryk uitkyk en sy hart homself verhef en hy ‘n skewe beeld van homself vorm.