EERBEHOUD GAAN BO DIE LEWE UIT!
As versterking vIr die wankelmoediges, verraaiers, hensoppers, joiners, saamwerkers, saampraters liberales, humaniste en selfs sommige nasionaliste in ons volkslewe,..... eerbehoud gaan bo die lewe uit!
As daar niks is waarvoor jy bereid is om te sterwe nie, behoort daar ook niks te wees waarvoor jy bereid moet wees om te lewe nie! Hierdie lewenswaarheid vind ’n mens slegs by toegewyde en opregte gelowige mense wat ernstig is oor waarheid en reg en geregtigheid. Hulle is dan gewoonlik ook diegene wat op brandstapels en in leeukuile gesterf het vir dit waarin hulle geglo het.
Openbaring. 12:1-17
“En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.” (:9).
“Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” (:12).
Daar is mos deesdae teoloë wat beweer dat die satan nie werklik bestaan nie.
Watter beskrywing pas by die Afrikaner wat onafhanklik Afrikaans wil wees? Deur ons volk se geskiedenis was elkeen van die bogenoemde benaderings deur verskillende mense beproef en nodeloos om te sê, blootgestel aan die gevolge wat uit elk van dié oortuigings gespruit het.
Wat interressant is van elk van hierdie uitgangspunte, is dat sommige van die ondersteuners daarvan die mening toegedaan is dat sy of haar optrede die beste oplossing is in belang van die voortbestaan van die Afrikanervolk. Sommige ander glo weer dat dit noodsaaklik is as ‘n interrim maatreël, terwyl nog ander dit as ‘n omstandigheidstrategie wil aanwend. Die slegste is diégene wat patriotisme as ‘n euwel beskou en volkskap negeer omdat almal volgens hulle gelyk is en dus eweveel aanspraak op alles het.
Sedert die ontstaan van die Afrikanervolk was nasionalisme nog altyd die onderskeidingsfaktor.
"At the time‚ Deputy Police Minister Bongani Mkongi said police officers were selling the guns to gangsters. "They did not just disappear. They were stolen by our own members. There are SAPS officers stealing guns and giving them to the gangs. It is an inside job. We know this is happening. How do you explain police officers going to parties of gang lords? Of course you are going to lose your firearms‚ because the guns are being stolen.""
‘n Uitlating van die adjunk minister van Polisie wat bevestig dat wettige wapeneienaars nie die probleem in Suid Afrika is nie maar wel die polisie en weermag wat met wapens toegerus word om kwansuis landsburgers mee te beskerm!
Die verswakking van die rand enkele minute na Zuma se kabinetskommeling bekend geraak het, dui op kommer van die geldmag oor die moontlikheid van verandering in die status van die reserwebank. Die aandrang om Mkwebane ontslaan te kry, hou net nie op nie!
Openlike weerstand van ANC lede teen Zuma versterk telkens die gebruik van die een-mens-een-stemstelsel om die Zoeloevolk hegter om Zuma te skaar. Beide Ramaphosa en Pravin Gordhan is op dun ys oor hulle openlike kritiek met die oog op verandering van Zuma se leierskap.
PARTY VIR DIE VRYHEID SE FAKSIEVOORSITTER MEV. KAREN GERBRANDS "ONS WIL GEEN MOSKEE IN DIE PROTESTANTSE THOMASKERK NIE!"
Vanweë die feit dat die Thomaskerk in die Haagse wyk Leyenburg reeds 2014 nie meer gebruik word vir eredienste nie, en die gebou van die Surinaamse Moslemse vereniging Ahmadiyaa Anjuman Isha'at-e-Islam wat gevestig was in die Paul Krugerlaan te nietig, het die munisipaliteit daardie vereniging op hul winke bedien. Hulle het dit gedoen deur hul te wys op die kerk. Op Woensdag 4 Oktober het die aksiegroep Voorpost geprotesteer en wyksbewoners opgeroep plakate vir hul rame te hang om op hierdie wyse te laat weet dat hulle teen die moskee is.
Psalm 28:1-9
“...Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.” (:1).
Ek deel graag ‘n treffende verhaal met u wat ‘n oom nou-die-dag aan my vertel het. Daar was ‘n man wat eendag na die haarkapper moes gaan. Daar aangekom, het hy in die stoel van die haarkapper plaasgeneem. Die haarkapper het na die man se welstand gevra. Die man het vir die haarkapper gesê dat dit deur die genade van die Here met hom baie goed gaan en dat hy veel het om voor dankbaar te wees.