Die “slim” maar invloedryke Broederbond-NG-KERK-NP-Alliansie wat hierdie beproefde en suksesvolle insig vanweë hulle moderne beterwete doelbewus ignoreer het, ten spyte van herhaalde waarskuwings en selfs pleitredes, het die Afrikanervolk en daarmee saam Suid Afrika onberekenbare skade berokken!
1 Pet. 3:1-7
“Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.” (:3&4).
Die gelese gedeelte vestig ons aandag opnuut daarop dat ons verhouding met God veel dieper as net ‘n opsigtelike en oppervlakkige vertoon moet wees. Dit beklemtoon opnuut die feit dat God die Kenner van ons harte is en dat ons gesindheid vir Hom aanneemlik is, maar dat ‘n ydele vertoon van weinig nut is.
DieBroederbond se NP-KP-de Klerk-NG Kerk-Mandela sameswering was rampspoedig vir Suid Afrika. Die Afrikaner het beheer verloor oor sy toekoms. Sy ondersteuningstruktuur is onder hom uitgeruk.
Chaos is aan die orde van die dag by skole, hospitale, universiteite en feitlik alle staatsinstellings. Elke dag is daar onthullings oor korrupsie en beskadiging van staatseiendom.
Boere word vermoor teen ‘n ongekende tempo en hul eiendomsreg is in gedrang. Bo en behalwe die grondwet wat Afrikaner onverdraagsaam is word wetstoepassing met haat teenoor die Afrikaner toegepas. ‘n Onteenseglike eensydige oorlog teen die Afrikanervolk!
Daar was al baie gesê dat hy die beste Eerste Minister was wat Suid Afrika nooit gehad het nie. Wat onteenseglik waar is in terugskouing, is dat as die Afrikanervolk na Jaap Marais wou luister, ons nie vandag in hierdie benouing sou verkeer het nie. Die menigte geskrifte wat hy nagelaat het, getuig vandag nog daarvan en sal nog tot diep in die geskiedenis weerklink!
Sy politiek was beginselvas, sy integriteit onkreukbaar en sy politieke leiding koersvas. Insig en moed het by hom nie ontbreek nie. Die AVP het die gouedraad van Nasionalisme wat Jaap Marais opgetel het toe John Vorster dit minagtend in 1968 neergesmyt het, in 2008 weer opgetel waar die HNP dit, na mnr. Willie Marais se dood laat val het, en ons sal dit voortdra en oordra aan die nageslag sodat dit, so die Here wil, nooit verlore sal gaan nie.
Danie Varkevisser
AVP Leier.
IS HIERDIE JOU VLAG?
Die politiekgedrewe volksmoord op die blanke in Suid Afrika, maar grootliks gerig op die boere volgens die werkswyse van die Kommuniste soos bv. in China, moes na die optog van 30 Oktober 2017, vinnig deur die kommunistiese regime uit die politieke arena gehaal word!
"I hope beyond this march we will be calling its leaders to meet. We are saying to them let us not politicise this matter." (Minister of Agriculture‚ Forestry and Fisheries Senzeni Zokwana)
Sedert 1994, tenspyte van herhaalde vertoë, is dit diie eerste aanduiding dat die regime aandui dat hulle met die optog se leiers wil praat. Dit sal interressant wees om te sien met wie hulle in gesprek wil gaan.
As daar in aanmerking geneem word dat daar telkens wanneer die Afrikaner gesamentlike weerstand begin demonstreer, daar ‘n opvangsorganisasie na vore kom wat die weerstand moet bestuur om ten alle koste te verhoed dat die hele volk begin saamwerk aan verset en sodoende die beplande volledige onderwerping van ons volk tot ‘n einde bring, dit reeds ‘n plan B is.
Why I won't wear black to support white farmers
Ek plaas ‘n artikel van ‘n Jood met die naam Howard Feldman wat deur Nuus 24 publiseer is. U kan net my standpunt begryp as u hierdie Jood se argument oor waarom hy nie swart sal aantrek om die blanke Boere te ondersteun nie, gelees het. Daar sal duidelike skeidslyne getrek moet word!
Sonder om die oorsaak van die moordsimptoom in ag te neem, sonder dat hy die Afrikaner se geskiedenis en bloedoffers bedink en tenspyte daarvan dat hy alles wat hy vir Israel eis, maar waaroor hy die Afrikanervolk ons beleidsrigting verkwalik, spreek Howard sy sieklike humanistiese oordeel uit asof dit die aller waarheid is en veral die enigste “regte” benadering is. Hy aanvaar duidelik nie dat Suid Afrika die Afrikaner se land is wat deur verraad van ons ontneem is en hoe dit ons raak nie!