7 Februarie 2019
Dit is eenvoudig verstommend dat die politieke partye in die algemeen, veral die partye aan die regterkant, met ‘n vorm van gelatenheid aanvaar het dat De Klerk ‘n mandaat gehad het vir die grondwetlike onderhandelings van 1993. In ag genome dat De Klerk nie sy beloftes nagekom het om ‘n tweede referendum te hou as ‘n vorm van magsdeling die basis van onderhandelings was. Dit staan soos ‘n paal bo water dat De Klerk magsdeling beloof het, en toe heeltemal oorgegee het weens ‘n gebrek aan ‘n onderhandelingstrategie wat bepaalde beginsels en belange van minderheidsgroepe sou beskerm. Selfs Prof. Hermann Giliomee, voorste historikus in die land beaam hierdie feit.
Broedertwis in Malema hofsaak?
Hierdie vetletter opskrif op die voorblad van Rapport is swanger van uiteenlopende betekenisse. Enersyds aksentueer Rapport die diepgaande verdeeldheid tussen Afrikaners. In ’n tyd waar Afrikaners geledere behoort te sluit, bly die hoofstroom Afrikaanse media die instrument wat die verdeeldheid lewendig hou.
Andersyds word die veragtelike en doemwaardige blatante opsweping om Boere te moor, asook die bedenklike wyse waarop die “hofsaak” ingerig is en hanteer word totaal ignoreer, ten spyte van die wreedaardigste en mees barbaarse wyse waarop Boere, met duidelik die betekenis wat alle Afrikaner blankes insluit, steeds daagliks plaasvind.
IN JAAP MARAIS SE SPOOR?
MNR. JAAP MARAIS SE STANDPUNT OOR DIE VOLKSTAATBENADERING:
“So was die volkstaatpolitiek een van die belangrikste, indien nie die belangrikste, oorsake vir die bloedlose eerlose oorgawe van politieke mag aan ‘n kommunistiesbeheerde Swart regering, wat sy oorlog steeds voortsit teen ‘n Afrikanervolk wat verswak, verdeeld en verward is as gevolg van die politieke misleiding in verband met ‘n volkstaat.”
Exodus 9:13-35
“maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.” (:16).
Ons kan menigmaal wonder oor God se benadering tot en hantering van sake. Ons kan byvoorbeeld wonder waarom Hy nie opslag die satan vernietig het toe hy teen God in opstand gekom het nie. Waarom hom uit die hemel werp en daarna selfs toelaat dat hy die mensekinders versoek? Ons wonder dalk waarom God nie sommer met die plaag van die dood van die eersgeborenes begin het en sodoende die volk Israel soveel vroeër uit Egipte laat trek het nie.
Hierdie opskrif van ‘n koerantknipsel uit die media 24 stal van 27 Junie 2018, het baie meer om die lyf as wat op die oogaf sigbaar is! Dit is in die eerste plek een van die enigste erkennings dat die de Klerk regering een masale politieke misvatting begaan het in 1994.
In die tweede plek ‘n bewys dat die akademici se politieke insig onherstelbaar ontoereikend was vir die uitdagings van ons tyd en derdens dat ‘n halwe bekering net so waardevol is as ‘n amper raakskoot in die jagveld!
Daar is ‘n koorsagtige kampanje om mense te oorreed om te registreer om in die komende verkiesing te gaan stem. Vir die vyande van die Afrikanervolk is dit absoluut noodsaaklik dat die héle Afrikanervolk oorreed moet word om deel te neem as ‘n bewys dat hulle berus in die terroristiese oorname van 1994 en derhalwe ook die wettigheid daarvan. As dít bereik is is die Afrikanervolk gedoem om die uitslag te aanvaar van elke verkiesing en jou daaraan te onderwerp.
Daar heers egter groot verdeeldheid onder kiesers of daar moet, of behoort gestem te word. Die onkunde wat daar heers oor die betekenis en gevolge van stem of nie stem nie, is om die minste te sê, absoluut verbysterend!
Argumente soos: “as jy nie stem nie is dit ‘n stem vir die teëparty”. Wat ‘n onsinnigheid! As in aanmerking geneem word dat jy, vir wie jy ookal stem, se beleid stem en daardie beleid verteenwoordig iets onheiligs en ongeregtig, jy daarin aandadig is! So ‘n stem is ‘n stem teen jouself vír jou teëparty!
HABAKUK 3
HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.
God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.
En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en dáár is die omhulsel van sy krag.
Voor Hom uit loop die pes, en ’n koorsgloed trek uit agter Hom aan.