Radikale demokrasie soos in werking in die nuwe Suid-Afrika is die politiek van onlus, stakings, moord, brandstigting, roof, kriminele optredes, oorlog , aanstigting teen witmense, kommunisme en terrorisme. Terwyl die orde in die nuwe Suid-Afrika ineenstort sit die Kruiperkaners soos die
VF+ en lede van die DA houtgerus in die Afrikaner antagonistiese parlement. Spreekwoordelik – Nero maak liefde en speel musiek terwyl Rome brand.
Dit is skokkend dat die VF+ en DA harder veg teen Apartheid as die “Tripartite Alliance”. Terwyl die militantheid, ondergrawing en verdrukking uitspeel teenoor die Afrikaner probeer hierdie partye steeds om verkiesing na verkiesing die Afrikaner in te lok in “Dingaan se kraal”, welwetende wat die gevolge is. Die politiek van konkrete gegewendheid (Godgeskapenheid) word deur hulle negeer en afgemaak as boos. Ons trotse vlag (oranje, blanje, blou) het ook vir hulle kwetsend geword.
Ramaphosa, die ANC en hulle ondersteuners, het deur Jessie Duarte aangekondig dat onder hy wat Ramaphosa is se leiding, elke Vrydag swart klere aangetrek moet word in solidariteit met die Swart Amerikaners se teen-rasisme veldtog, nadat die krimineel George Floyd dood is in ‘n struweling met ‘n blanke Amerikaanse polisieman.
Duarte, die Adjunk Sekretaris Generaal van die ANC, sê die party betoon nie net sy solidariteit met die Amerikaners nie, maar wil ook rassisme in Suid-Afrika uitlig. Die AVP wys dan graag vir die wêreld hoe rassisme in Suid Afrika lyk onder die uiterste vorm van rassisme denkbaar, waaroor Ramaphosa nou al in al elf erkende tale in Suid Afrika swyg sedert hy die onwettige “president” in Suid Afrika geword het.
1 Thes. 4:1-12
“Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.” (:7&8).
Daar is deesdae soveel mense wat voorgee dat hulle oor die gawe sou beskik om die uitsonderlike wil van God te verstaan. En hulle hoor mos op gereelde wyse die stem van God. “Die HERE het vir my gesê . . . “ is ‘n stelling wat sonder die nodige respek en agting gebruik word. Ek dink byvoorbeeld aan ‘n baie bekende man in Suid-Afrika wat so ‘n paar jaar gelede blykbaar op God se stem reageer het en gepoog het om 1 miljoen mense vir ‘n gebedsbyeenskoms in Bloemfontein byeen te roep. Hy het openlik verklaar dat hierdie byeenkoms die toekoms van Suid-Afrika ingrypend ten goede sou verander. Daar is nie by hierdie byeenkoms die moeite gedoen om ongelowige leiers in die samelewing tot orde te roep en aan te spreek oor hul ongehoorsaamheid aan God nie. Nee, daar is veel eerder saam met hierdie ongelowige mense gebid asof dit God sou behaag?
Dit was in hierdie eeu dat die aanslag op alles wat waardevol, eerlik, geregtig, Godgerig en ewigheidswaarde gehad het, met onheilspellende en diaboliese geheime en onderduimse sameswerings, met oorgawe aangetas is en momentum gekry het met verloop van tyd, tot vandag toe!
Dit het nie gestuit vir moord op kinders, individuele mense, leiers en selfs volke nie! Die huidige blootlegging van kinderhandel, pedofilia en afstootlike seksuele misbruik van klein kindertjies, jong meisies en seuns deur hooggeplaastes, wêreldwyd en selfs sprake van hier by ons, het die noodsaak vir die skyn van lig op die verderflikheid van wat bekendstaan as “Conspiracy Theories” ten einde dit as fiksie te kan afmaak, onontbeerlik gemaak, veral omdat dit nie teorië is nie maar werklike en vernietigende sameswerings!
‘n Baie insiggewende en goed beredeneerde opsomming van die welbekende dr. Peter Hammond van huidige gebeure in die VSA, is vir ons hier in Suid Afrika van besondere waarde.
Die rol van die media, veral hier by ons, om oproermakers as protesteerders voor te hou en dan met simpatie te bestrooi terwyl hulle breek, brand en vernietig en dan die geleentheid gebruik om te steel, plaas die media onteenseglik as instrument in die hand van onreg teenoor reg, oerwoud teenoor beskawing en veral in die hand van antichris teenoor Christendom!
Met ‘n twiet soos die van “@Bludidi”, (“Can’t we kill them for real”), saamgelees met al die ander moorduitlatings wat sedert de Klerk se verraad uit swart geledere aan die orde gekom het, kan dit vir dieAfrikanervolk nie anders as om gereed te maak vir geweld uit daardie oord, met die opset om ons fisies uit te wis nie.
Met al die ontkende moorde deur Ramaphosa, van swart op wit, wat de Klerk en die Broederbond gekies het as “tussenganger” en “teëwig” wat ons as blankes moes beskerm, word dit al duideliker dat die regime se voeteslepery oor die uitwissing wat besig is om plaas te vind, ons op onsself aangewese laat.
Ontvang van ‘n regte, (of beter gestel), ‘n ware Afrikaner! Hou kop, julle oorgeblewe Afrikaner volksgenote, daar is nog altyd die hoop op die dinge wat ons nie kan sien (of hoor) nie!
Maandag laatmiddag is my bakkie se noodwiel in Pretoria gesteel - helder oordag in 'n straat vol mense. Natuurlik het niemand iets gesien of gehoor nie. Die een oomblik was die noodwiel nog daar. Die volgende oomblik was dit net weg - poef - asof dit nooit bestaan het nie. Maak nie saak dat dit eers onder die voertuig afgewen moes word nie. Dit het net tussen neus en oë verdwyn.
Toe begin die ongerief. Eers die saak Dinsdag by die polisie aanmeld en 'n uur is daarmee heen. Dan die versekering skakel, net om uit te vind dat my bybetaling groter gaan wees as die verlies. Laastens die ongerief om 'n velling en band in die hande te probeer kry. In hierdie mooi land van ons is dit ongelukkig 'n feit soos 'n koei dat jy met jou lewe dobbel sou jy sonder 'n noodwiel iewers een nodig kry.