Laat ons opnuut besef waar ons oorsprong is, wat ons funksie is en waar ons heil lê!
GÉNESIS 1
1IN die begin het God die hemel en die aarde geskape.
2En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
3En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
4Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;
2025 lê op sy rug! Vir sommige van ons is die nuwe jaar wat voorlê nie beskore nie en die AVP betuig ons meegevoel met elk van u wat moes agterbly om sonder ‘n lewensmaat, oupa of ouma en selfs’n kind of kleinkind 2026 tegemoet te gaan. In ‘n sin is so ‘n gebeurtenis wat behalwe dat dit traumaties is, ook ‘n aanduiding vir elkeen van ons wat daaraan blootgestel was, dat ons aandag moet skenk aan die weg waarop ons onsself bevind, op pad na ons eie ewigheidsbestemming. Omdat dit onvermydelik en ook onbepaalbaar is in terme van waar en wanneer die einde van dié pad ons eie reis gaan be-eindig, is onmiddellike aandag onontbeerlik by die voorbereiding en betreding van die nuwe jaar wat vir ons voorlê!
Jer. 32:1-44:“Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?” (:27)MNR WOUTER VERMEERSCH: "EK KAN NIE VERSTAAN HOEKOM ENIGIEMAND AANSTOOT SOU NEEM AAN HIERDIE SPEELSE NAAM NIE"
Geagte lesers, Ons het nav. die feit dat munisipale raadslid en federaal vertegenwoordiger mnr Wouter Vermeersch op Maandagaand 15 Desember omstreeks 19:00 uur groot opskudding in die Wes-Vlaamse raad veroorsaak het deur 'n sjokoladekoekie 'n Negerinnetet te noem en die woord ook so uit te spreek ,'n interessante onderhoud in Nederlands met hom gehad. In ons voorlopige onderhoud het hy vir ons gesê dat dit vanselfsprekend is dat hierdie lekkerny al geslagte lank so in die Kortrijkse omgangstaal genoem word. Die munisipale raadslede van Jong Groen en Vooruit, twee uiters linkse politieke partye, was verontwaardig dat mnr. Vermeersch hierdie woord sonder enige werklike verduideliking gebruik het. Omdat ons dit nogal oordrewe gevind het, het ons die munisipale raadslid gevra waarom daar so 'n vreemde reaksie was en of dit dalk met die woke ideologie te doen gehad het.
Volgens Afrika oorlewing mag ‘n koning se spoeg nie op die grond val nie, so het Dingaan dan ook spoegvangers gehad. Die onderdaan het dit dan aan sy lyf gesmeer as onderdanigheid aan die koning. Hul kultuurgeloof was dat die koning bekroon is met ‘n absolute reg, insluitend lewe en dood. Hierdie weersinwekkendheid word vandag oortref in blanke geledere op politieke vlak, waar politieke spoegvangers hulle onderdanigheid betoon aan die ANC. ‘n Verloënings verlowing het plaasgevind tussen die DA, VF+ en ANC om die swart “konings” ter wille te wees. Hierdie donker driehoek bekruip die Afrikaner soos ‘n dief in die nag.
Fil. 3:1-21:“VERDER, my broeders, verbly julle in die Here. Dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, en dit gee julle sekerheid.” (:1).
Dit is duidelik dat Paulus meermale die gemeentes oor hierdie saak onderrig het, nl. ons blydskap in die HERE. Ons sien ook sommer weer in die volgende hoofstuk waar Paulus hierdie saak weer ‘n keer aanroer. En weereens herhaal hy hierdie opdrag wat die belangrikheid van hierdie saak onderstreep. “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (Fil. 4:4).
VOORSITTER EN RAADSLID VAN DIE PLAASLIKE PARTY ONAFHANKLIK MOERDIJK MNR. HANS VAN BRENKELEN: "DIT IS ONAANVAARDBAAR EN ONBEGRYPLIK DAT 'N HELE DORP VAN 1100 MENSE PLEK MOET MAAK VIR INDUSTRIËLE UITBREIDING."
Geagte lesers, na aanleiding van die Raadsvergadering van Woensdag 19 November 2025, waarin die hele raad, met die uitsondering van Onafhankelijk Moerdijk, ten gunste van die
uitbreiding van die hawegebied gestem het, wat die voortbestaan van hierdie pragtige Brabantse dorp in gevaar stel, het ons 'n insiggewende onderhoud in Nederlands gehad met die voorsitter wat ook 'n raadslid is van hierdie plaaslike politieke party.
In ons onderhoud het hy sy onbegrip uitgespreek dat die meerderheid van die raad gekies het om die uitvoerende raad 'n mandaat vir Powerport te gee, terwyl deurslaggewende feite, risiko's en gevolge nog heeltemal onbekend is. Daar was byvoorbeeld geen besluit van die nasionale regering nie, en daar is ook geen druk van die regering af nie. Daarom is daar tans geen werklike behoefte om 'n mandaat toe te staan nie. Ons het die voorsitter onder andere gevra waarom ander partye, ten spyte hiervan, gekies het om op te tree op grond van oënskynlike nasionale besluite wat nie werkelik bestaan nie, in plaas daarvan om die belange van die inwoners te beskerm.