Heb. 4:1-12
”Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” (:12&13).
Daar is ‘n spreekwoord wat lui – “Die pen is magtiger as die swaard.”
Na sy toespraak Sondag, 12 Desember 2021, nogal in die Groote Kerk in Kaapstad,.... is dit nie betekenisvol nie?.... word hy siek en toets hy positief vir Covid 19! "Al gaan die leuen hoe so snel, die waarheid agterhaal hom wel!"
Die sekerste bewys dat die entstof jou nie beskerm teen infeksie van, en/of die omstrede "virus" self nie, word nou bevestig deur die primêre drywer daarvan in Suid Afrika, die onwettige "president" , wat in opdrag van die NWO(Nuwe Wêreld Orde) se WGO(Wêreld Gesondheid Organisasie) deur middel van die SAGD(Suid Afrikaanse Gesondheid Departement), gedienstig sy uiterste bes doen om almal in Suid Afrika inge-ent te kry!
OPRIGTER EN VOORSITTER MNR. GEORGES SCHEFFER: "TRADISIES IS NET OM TE KOESTER EN ONS SAL NOOIT TOELAAT DAT VREEMDELINGE EN MINDERHEIDSGROEPERINGE DIT SAL AFNEEM NIE"
Geagte lesers. Ons het 'n baie insiggewende onderhoud gehad met meneer Georges Scheffer
van die Party Vir Behoud van die Nederlandse Identiteit nav. sy bydrae aan die protesdemonstrasie vóór Swarte Piet wat hy op Saterdag 13 November saam met die Nederlandse Volks Unie gehou het. Ons sal hom nie net vrae stel oor hierdie gebeure dog ook oor die ontstaan van sy party.
Josua 14:1-15
“En dié dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die Here my God te volg.” (:9).
Geliefdes, na die volk se uittog uit Egipte het hulle eindelik tot by die beloofde land gekom. Hierdie wonderlike land wat hulle gedurende hul trek aldeur voor oë gehou het. ‘n Begeerlike land; ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Die volk het nie sonder uitdagings tot hier gekom nie. Daar was gevare van oorloë, honger, dors en dergelike dinge.
Volgens die syfers wat deur Psira, Privaat Sekuriteitsbedryf Reguleringsowerheid en die SAPD vrygestel is, is dit duidelik dat die getal geregistreerde sekuriteitsbeamptes se verhouding tot die bevolking 1:106 is terwyl die aantal polisielede1:413 is.
Aan die Noordgrens van die Kruger wildtuin, het verval, swak bestuur, geldjagterry en Etniese twis, ongebrydelde wildstropery deur middel van draadstrike waarin diere op barbaarse en wreedaardige wyse aan hulle einde kom, in die hand gewerk.
Die AVP plaas enkele fotos uit Daly Maverick se artikel wat die area besoek het, om aan te toon waartoe enersyds die de Klerkregering se politieke misvattings en andersyds, ons Afrikanervolk se onge-ergdheid oor wie die leisels vat en waarheen dit sou lei, selfs nadat kundige leiers by herhaling daaroor gewaarsku het!
Rom. 14:13-23
“Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.” (:17&18).
Geliefdes, is een van die grootste begeertes wat ons as gelowige kinders van God moet koester nie om te doen wat voor God welgevallig is nie? Wanneer ons sê dat ons Hom werklik liefhet, bo alles liefhet, behoort ons mos daardie dinge te doen waarin Hy ‘n behae het.