MNR. ALEXANDER WOLFHEZE: "EK IS SEDERT 2017 VERBIND MET HIERDIE INTERNASIONALE ORGANISASIE WAT BEOOG OM EENDERSDENKENDE MENSE ORAL VERENIG"
Geagte leser, Ons het die genoeé gehad om 'n insiggewende onderhoud in Nederlands met die skrywer en publisis mnr. Alexander Wolfheze te voer. Saam met 'n aantal ander publisiste werk hy sedert 2017 aan nasionalistiese opvoeding en ondersteuning deur middel van boeke, essays en poduitsendings. In die verlede het hy beide Nederlandse en Engelstalige publisiteit vir die Afrikanervolk bygedra. Hy het dit onder andere gedoen deur verskeie onderhoude met Dan Roodt (via Jared Taylor). In ons voorlopige gesprek verduidelik mnr. Wolfheze "dat hy elke twee weke 'n poduitsendingsonderhoud aanbied via die publisiteitsgroep waarvan hy deel is, deur Sisyphus Radio, wat uitsluitlik in Nederland gehou word".. Verder sê hy: "Dit alles is uitsonderlik in Nederland omdat ons as dissidente publisiste onder ons eie name en met 'n oop gemoed aktief is, vanuit 'n literêre perspektief en as deel van 'n internasionale netwerk" Hy gaan voort: "Die gekombineerde syfers vir ons uitsendings (Spotify, Substack, ens.) wissel dikwels tussen 20.000 en 30.000 luisteraars wat die uitsendings met belangstelling in beide Vlaandere en Nederland volg." Ons het hom onder andere gevra hoe hy die huidige situasie in Suid-Afrika beskou, en ons het hom ook gevra wat hy van die wêreldgebeure vind.
Dit is vir die Christengelowige ondenkbaar dat daar reeds vir eeue lank mense, instansies, organisasies, regerings en regeringsleiers deur die Satan gebruik word om wêreldbeleid te bepaal.
Reeds in die 1800’s is mense soos Jan Smuts en Louis Botha ingespan om ‘n holistiese beleid in Suid Afrika te implimenteer nadat goud, diamante en later honderde ander minerale ontdek is. Die vestiging van die SAP tot by die DA van vandag en die diaboliese omvorming van die NP tot die bruikbare instrument na Een Wêreld Regering, was dit nog altyd vir die gewone gelowige moeilik om te verstaan hoe dit moontlik was!
1 Kor. 15:1-58:“Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.” (:34).
Paulus spreek die Korinthiërs in hierdie brief reguit aan oor ’n gebrek onder sommige van hulle. En dit is hul gebrek aan kennis van God. Die Korinthiërs was ongelukkig nie die laaste mense wat met reg hieroor aangespreek moes word nie. Hierdie is ’n saak waaroor die meeste mense in ons tyd, ook onder ons eie volk, in ons dae aangespreek behoort te word.
Ten spyte daarvan dat Botswana die meerderheid van sy brandstof uit Suid-Afrika invoer, vra hulle minder per liter vir petrol en diesel.
In Oktober het petrolpryse meer as R30 per liter gekos, terwyl die groothandelprys vir diesel R33.29 per liter bereik het.
Terwyl Suid-Afrikaners onder ernstige druk van stygende brandstofpryse en finansiële oorlewing te staan gekom het, het Botswana sedert Julie 2026 nie petrolpryse verander nie.
Enkele onlangse koerantopskrifte wat die somtotaal van regeervermoë van die regime, met en tenspyte van die DA en VF-Positief se betrokkenheid, vertoon. Komende vanuit die Engelstalige media wat ondersteuners was van die afwyking, dien hierdie opskrifte as bewys van veral die Engelse en liberale mediabronne se dubbelslagtigheid.
Die simptome van die swaksinnige politiekeverandering is nou daar vir almal om te sien! Dit is ook inderdaad die volhardende verswyging deur die media van die werklike oorsaak, wat die media onbetroubaar maak en onbetwisbaar hulle aandadigheid beklemtoon.
MNR MARCEL HOOGSTRA: "DIE SWART BLOK IS ONTSTAAN VANWEE DIE GROEIENDE EN ONOORKOMELIKE GAPING TUSSEN AAN DIE EENKANT DIE ADMINISTRATIEWE MAG (POLITICI EN PARLEMENTÊRE POLITIEK) EN ANDERSYDS DIE GEWONE NEDERLANDSE BURGER"
Geagte leser. Ons het die genoeë gehad 'n insiggewende vraaggesprek met mnr Marcel Hoogstra in Nederlands te hê nav die ontstaan van die Swart Blok 19-09.
In ons voorgesprek het meneer Hoogstra vir ons gesê: 'dit is 'n raamwerk van verskeie aktivistiese en nasionalistiese groepe en outonome nasionaliste wat, na aanleiding van demonstrasies op die Malieveld in Den Haag op 19 September 2025 en 19 September 2026, op 'n baie natuurlike, amper organiese manier nader aan mekaar gegroei het, hul verskille opsy gesit het en besluit het om hul samewerking te intensiveer. Omdat die gebeure en alles daaromheen op beide datums van 19 September plaasgevind het, beskou ons dit as die 'geboortedag' van hierdie inisiatief: Swart Blok 19-09.
Jes. 41:8-20:“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddened regterhand. Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.” (:10, 13& 14).