1 Tim. 2:1-8: “Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,” (:3-5).
Lees baie mooi wat in hierdie brief aan Timótheüs geskryf word. Dit is ten eerste die wil van God dat alle mense gered word. En ten tweede is dit die wil van God dat alle mense tot kennis van die waarheid kom, want dit is juis deur die kennis van die waarheid dat die mens gered word.

Om iemand ‘n bobbejaan te noem is ‘n ernstige belediging, veral as dit op ‘n anderskleurige gemik is. Dit is ook teen die wet. (Crimin Injurea). Die sensitiwiteit het te doen met velkleur wat as rassisties beskou word, en onherstelbare emosionele skade tot gevolg kan hê by swaksinniges.
In die volksmond word daar na iemand verwys as, jou bobbejaan, as hy ‘n dwase daad gepleeg het.
MEV. HEIDI LOOY, VAN DIE SUID-HOLLANDSE DORP REEUWIJK, WAT OP DIE TWEEDE PLEK VAN DIE BBB SE STEMLYS GEKIES IS, STAAN AL JARE LANK VAS VIR DIE NATUUR EN IS VERBIND TOT 'N GOEIE VERHOUDING TUSSEN POLITIEK EN BURGERS.
Geagte leser. Tydens die verkiesings vir die Provinsiale Staten wat op 15 Maart gehou is, is die
Boer Burger Beweging in tenminste ses provinsies as grootste geeindig. In persente was dit in Overijssel (31,3 %, Drente (33,5 %) Groningen (23.6 %) , Zeeland (19,7 %) Friesland (28 %) en Limburg (18,5 %)
Ons het 'n baie insiggewende onderhoud in Nederlands gehad met mevrou Heidi Looy, die nommer 2 op die Suid Hollandse lys. Daar is in totaal 8 kandidate gekies wat saam met haar 'n setel sal inneem in die Provinsiale State. In hierdie provinsie het die party 13,4 % behaal van die stemme en is ook daar leier.
STAATKUNDIGE BELEID
In elke land van die wêreld is daar verskillende staatsvorme wat die ordening van die volk en volkere, indien daar meer as een volk saamwoon, moet reel. Die hoof
oogmerk moet tog wees om al die inwoners van die land gelyke reg te besorg sodat hulle in veiligheid en vrede kan saamwoon sonder dat die een die ander oorheers of op die een of ander wyse bedreig.
Politieke moraliteit is dus wanneer ‘n land só regeer word dat al sy inwoners veilig, onbedreig, volgens sy eie aard en behoefte kan leef en bestaan.
Afrika onderpresteer op feitlik elke denkbare gebied. Die kontinent gaan gebuk onder staatsgrepe, sedisie, rebellies, hongersnood, konflik, etniese geweld, armoede, swak onderrig, lands-vlugtelinge, korrupsie, diktature en bekookte verkiesings. Daar is bitter min vooruitsigte vir verbetering.
Waarom is dit só?
Dit is onteenseglik so omdat despote verkies word as staatsleiers deur naȉwe landsburgers.
DOMINEE MARTEN VISSER: "HIERDIE ORGANISASIE BEHOORT SLEGS MET DIE BESKERMING VAN DIE NATUUR GEMOEID TE WEES EN NIE MET KWAKSALWERPRAKTYKE EN GEMORS NIE"
Geagte leser. Ons het 'n insiggewende onderhoud gehad met ds Marten Visser, 'n Hervormde
predikant uit die Nederlandse stad Wezep wat in die provinsie Gelderland geleë is. As missioner direkteur is hy verbind aan die sendingsorganisasie GlobalRize. Die rede vir hierdie onderhoud is dat die Nederlandse Boswese (Staatsbosbeheer) gedink het dis reg om sogenaamde 'medisinale stene' vir die besoekers te gee. Dié organisasie het ook die boek 'De helende kracht van universele liefde' aanbeveel. Meneer Visser meen dit is bloot bedrog wat goedgelowige en dalk na God soekende mense op 'n dwaalspoor lei.
Jos. 14:1-15. ”Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om die Here, die God van Israel, te volg.” (:14). Ons lees in Núm. 13 waar die HERE aan Moses die opdrag gee om twaalf spioene te stuur om die land Kanaän te gaan verken. Hierdie is die land wat God aan die volk Israel beloof het. Ons onthou dat tien van hierdie spioene bekommerd was oor die mag van die vyand wat hulle sal moet trotseer om die land te verower.