Hand. 17:15-34:“En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, ...”(:26 – 28).
Kom ons begin by die begin. “IN die begin het God die hemel en die aarde geskape.” (Gén. 1:1). God is die Skepper van die aarde. Hý het die aarde wat ons as mensekinders bewoon, geskape. Hy is die Eienaar daarvan. En Hy kan daarom besluit hoe dinge daarop behoort te geskied.
RAADSLID MEV. CHRISTEL ENGELEN: "'N NUWE TYD HET AANGEBREEK. DIE PARTYE 'PIT' EN 'VRIJ RANST' HET GEOORDEEL DAT DIE JARE SE UITSLUITING VAN ONS PARTY TANS VERBY IS".
Geagte leser. Saterdag 19 Oktober was 'n historiese dag vir die Antwerpse munisipaliteit Ranst. 'n Sogenaamde sanitêre kordon, wat al 35 jaar van krag was om Vlaams Belang uit bewind te hou,
het nou definitief gebreek. Dié party gaan nou vir die eerste keer aan 'n raad op 'n plaaslike vlak deelneem, en hy gaan 'n koalisie vorm met die partye PIT en Vrij Ranst. Mv. Christel Engelen van Vlaams Belang sal 'n openbare bestuurder (wethouder) word. Sy neem al 18 jaar lank aan verkiesings deel en glo dat diegene wat altyd beweer het "'n stem vir Vlaams Belang is 'n verlore stem", was verkeerd. Ons het vir haar onder andere gevra wat haar prioriteite in haar nuwe rol is en hoekom sy nie onder die naam 'Vlaams Belang' sal deelneem nie, maar onder die naam 'Ons Ranst'.
Wel, waarskynlik nie, maar as jy kon sou daar berge en dale in Suid Afrika ontstaan het van vorige Nasionalistiese leiers soos Genl. Hertzog, dr. Malan, adv. Hans Strydom en dr. H.F. Verwoerd en vele ander se aanhoudende omdraai in die afgelope 58 jaar van politieke waansinnigheid!
Is dit moontlik dat enige redelike intelligente politieke leier dit sou nalaat om sy eie politieke beleidsrigting nie te toets aan die verlede om tenminste te probeer bepaal of daar gelykluidende pogings in die verlede was en of dit geslaag of gefaal het nie. Onder die opskrif : “Samewerking tussen Afrikaner, Zoeloes begin”wat deur Maroela Media wat van uit die Volkstaatdampkring sy ontstaan het, raak Barend Uys die volgende kwyt: “Barend Uys, hoof van interkulturele verhoudings en samewerking by AfriForum, het tydens die herdenkingsgeleentheid onder meer daarop gewys dat die huidige geslag ook, soos vorige geslagte, die verantwoordelikheid het om ’n toekoms vir die nageslag te verseker.”
Jona 1:1-17: Ons vorige boodskap het gehandel oor die lewe van ‘n wedergebore kind van God en of jy waarlik vir God ken of dalk maar net van Hom weet? Die vraag wat hier duidelik na vore gekom het, was of ek my eie sondige mens afgesterf het om plek te maak vir die mens wat onder Christus se gesag in sy lewe staan om met Hom te wandel. Is Hy m.a.w. die Een wat die rigting van my lewe bepaal?
Wat is die doel van die politiek?
Die politiek het betrekking op die woord Polites wat burger beteken.
Politiek is dus die gedragslyn van ‘n regering, ‘n wyse van handel ten opsigte van die staatkundige beleid van ‘n burgery. Die doel daarvan, tensy dat dit immoreel is, is politiek die handhawing van die identiteit, die godsdiens, die taal, die kultuur, die opvoeding van sy jeug, sy land en volk se veiligheid en welvaart, ‘n Godgebonde regstelsel en veral die handhawing van wet en orde. Dit alles sluit in die handhawing van grense en die noulettende bewaking daarvan.
Gén. 32:1-32: “En Jakob het gesê: o God van my vader Abraham en God van my vader Isak, o Here, wat my beveel het: Gaan terug na jou land en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen — ek is te gering vir al die gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword.” (:9&10).
Jakob word gebore en word groot in ’n welgestelde familie. Sy oupa, Abraham, was ’n welgestelde man. “En die HERE het my heer baie geseën, sodat hy groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.” (Gén. 24:35). En Abraham het hierdie welvaart van hom aan sy seun, Isak – die vader van Jakob, gegee. “En Sara, die vrou van my heer, het vir my heer ’n seun gebaar nadat sy al oud was; en hy het aan hom alles oorgegee wat hy besit.”
MNR. NIELS OOSTEROM: "DIE KERKLEIERSMANIFES VIR DIE UITSLUITING VAN 'EKSTREEM-REGS ' IS SO OPGESTEL DAT DIT MEER AS 2,5 MILJOEN KIESERS UITSLUIT. DIT IS NIE REG NIE; NA MY MENING MOET ALMAL WELKOM WEES IN DIE KERK"
Geagte leser. In reaksie op 'n manifes teen 'ekstreem-regs' wat op Vrydag, 27 September deur die Nederlandse Micha-stigting opgestel is, het ons 'n insiggewende onderhoud in Nederlands
gehad met mnr. Niels Oosterom, wat nie die genoemde verklaring onderteken het nie omdat hy meen dit laat nie reg geskied aan die 2,5 miljoen kiesers wat vir 'n party soos die Party vir die Vryheid (PVV) gestem het nie, en dis ook feitelik verkeerd. As ‘n Christen en as ‘n Statenlid namens die BoerBurgerBeweging Suid-Holland departement distansieer hy hom dus van hierdie geskrewe dokument. Dit blyk nou dat, op enkele uitsonderings na, die ondertekenaars almal uit die Protestantse Kerk Nederland (PKN) kom wat as uiters progressief beskou kan word. Ons het hom onder meer vrae gevra waarom hy dink baie mense dink dis reg om mnr Geert Wilders se PVV in 'n sekere politieke hoek te plaas en hoe dit moontlik is dat 'n GroenLinkse raadslid van die stad Amersfoort hierdie aksie begin het. Hierdie party het mos keer op keer gewys dat hulle beslis nie ten gunste van godsdiens is nie, tensy dit gaan oor Islam, wat hulle as 'n ware godsdiens beskou en wat nie in die pad gestaan moet word nie.