Die Amerikaners se ingryping in die huishoudelike sake van Suid Afrika deur die geldmagte wat dáár, in Amerika, op sy beste funksioneer, deur van 'n terroris 'n martelaar te maak het die ganse blankedom 'n onmeetbare onreg aangedoen! In die volgende stap maak hulle Mandela 'n wêreldikoon. Daarna, as ingelyfde ridder van die Orde van Malta, was die tafel gedek vir die uitwissing van die Christelike beskawing in Suid Afrika! En die meerderheid van ons volk het gestem daarvoor,... ja! Uit vrees vir 'n bloedbad, of was dit omdat ons geloof verloor het?
MODDERKLIP KRY WEER ‘N BESOEK VAN ANC-REWOLUSIE
Ons het dit goed gedink om, in die lig van die ANC se versnelde grondgrypprogram na 12 Julie, die horlosie terug te draai na 3 Junie 2005, kort na die berugte Modderklip-uitspraak, ‘n uitspraak wat net mooi ‘n ronde nul beteken het vir die Afrikanervolk se eiendomsekerheid in sy eie vaderland.
Ons voer aan die gebrek aan optrede van owerheidsweë in hierdie bepaalde saak dien as bewys dat enige hofuitspraak wat die sogenaamde georganiseerde landbou (Agri SA en TLU SA) in die komende moeilike dae en maande mag afdwing om eiendomsreg te verseker, met ‘n knypie sout geneem moet word.
Anders gestel: Die sogenaamde Suid-Afrikaanse regstaat is reeds onherroepelik in sy wese aangetas en howe se uitsprake sal in die komende dae eenvoudig uit die NDR se pad gestamp word.
Tucker Carlson die omroeper van Fox News, het die onderskeiding dat President Donald Trump graag na sy programme kyk vanweë die aktualiteit daarvan. Hierdie onderhoud oor plaasmoorde waaroor Carlson met Roets ‘n onderhoud gehad het, het ook by die AVP ‘n draai gemaak waaroor ek graag oor die waarde daarvan vir die Afrikaner se vryheidstryd, kommentaar wil lewer.
As ek sou sê dat dit geen waarde gehad het nie, sou ek Ernst se waarskynlik eerlike en opregte behoefte om iets vir die Afrikanerboere te beding, ‘n onreg aandoen. Dat hy egter onder die invloed van Afriforum, wie se wortels in die F.W. Stigting setel deur die Solidariteitvakbond van Flip Buys waaruit hulle ontstaan het, se ivloed duidelik in die onderhoud na vore laat kom het, is onbetwisbaar.
STAATKUNDIGE BELEID
In elke land van die wêreld is daar verskillende staatsvorme wat die ordening van die volk en volkere, indien daar meer as een volk saamwoon, moet reel. Die hoof oogmerk moet tog wees om al die inwoners van die land gelyke reg te besorg sodat hulle in veiligheid en vrede kan saamwoon sonder dat die een die ander oorheers of op die een of ander wyse bedreig.
Politieke moraliteit is dus wanneer ‘n land só regeer word dat al sy inwoners veilig, onbedreig, volgens sy eie aard en behoefte kan leef en bestaan.
MORALITEIT VERSUS MORELE HOËGROND
Terwyl moraliteit ‘n ongeskrewe lewensbeginsel is wat ten doel het om uit die hart uit goed te doen, is die term morele hoëgrond, uitgedink om polities korrek te wees al sou dit mense en volke permanent ernstig benadeel.
Lev. 25:23-55
“Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ‘n mens ‘n slaaf verkoop nie.” (:42).
“Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.” (:55).
Ons almal is seker vertroud met die definisie van ‘n kneg. Dit is, eenvoudig gestel, iemand wat dien – een wat gehoorsaam opdragte uitvoer. ‘n Kneg wat weier om sy heer te gehoorsaam sal bes moontlik nie lank onder sy heer se hand vertoef nie.
Die teksverse van ons oordenking pas seker nie te goed in by die hedendaagse “hoofstroom teologie” nie. Die “nuwe evangelie” wat vandag verkondig word, is mos een waarin die mens nie die term diensbaarheid en gehoorsaamheid hoor nie.
Mnr.Jaap Marais aan die woord:
Die onderskatting van die Afrikanervolk in die politieke stryd wat na die Engeise Oorlog begin het, het weer die Britse berekenings in die war gestuur. Genl Hertzog se aandrang op die Afrikaanse (Hollandse) taalregte het die Afrikaners se selfrespek geroer in die vroeë herlewing van volkstrots. En sy effens latere beroep op Suid-Afrika Eerste, het Afrikaner-nasionalisme in beweging gebring en uitgeloop op die stigting van die Nasionale Party in 1914 — iets wat buite Britse berekening was.
Met die 1924-verkiesingsoorwinning van genl. Hertzog, in samewerking met kol Creswell van die Arbeidersparty, het die Britte hulle totaal misreken. Genl. Hertzog het as Eerste Minister van Suid-Afrika, met medewerking van Mackenzie King van Kanada, die Britse Statebond op 'n ander baan gestuur as wat die Britte beoog het.
27/03/2000
Die Redakteur,
Openbare debat met die oog op die bevordering van die Afrikaner en ander inheemse volke se volksregte waaruit noodwendig moet spruit die bevordering van hulle lewenskwaliteite, is huidig van besondere belang. Die waarde daarvan vir die leser word egter regstreeks be-invloed deur die mate waarin die medium, in hierdie geval, die Ridge Times, ‘n suiwer weergawe publiseer van die onderskeie standpunte waarvoor ek u by voorbaat dank.
017-6341963 Van die Afrikanerbond (hy verstrek ongelukkig nie sy naam nie) wys in u uitgawe van 24 Maart 2000 daarop dat ek ‘n aantal afleidings van gegewens oor die AB maak wat nie kan oortuig nie.